Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 12:4
![Deur Geloof](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F23340%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Deur Geloof
5 Dae
Geloof is om ons vrymoedigheid, vertroue en geloof op iets of iemand te rig. Die Bybel bied baie goeie voorbeelde van gewone mense wat buitengewone geloof in God getoon het. Deur hierdie leesplan leer ons van 'n paar mense in die Woord van God wat ons sal wys hoe ons in geloof kan leef.
![Goddelike Leiding](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3670%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Goddelike Leiding
7 Dae
Ons maak elke dag keuses wat ons lewensverhaal bepaal. Hoe sou jou lewe lyk as jy foutlose keuses kon maak? In die Goddelike Leiding-leesplan, moedig Craig Groeschel, die New York Times se topverkoper skrywer en senior pastoor van Life.Church, jou aan met sewe beginsels uit sy boek: "Divine Direction", om jou te help om Goddelike wysheid vir jou daaglikse besluite te vind. Ontdek die geestelike leiding wat jy nodig het om 'n storie wat God eer, uit te leef — een wat jy graag sal wil oorvertel.
![Uit Die Beek 2020](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16019%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Uit Die Beek 2020
7 dae
Uit die Beek se tekskeuse vir elke dag is grootliks op die "Revised Common Lectionary" gebaseer. Dit maak hierdie dagboek geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag jy die Here leer ken soos Hy werklik is.
![Die Lig Op My Pad](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F27666%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die Lig Op My Pad
7 dae
Om ’n Christen te wees, is ’n avontuur. Elke dag wag daar nuwe geleenthede én uitdagings, vreugdes én teleurstellings. Genadiglik hoef ons die reis nie alleen aan te pak nie. God het sy Woord aan ons gegee – as lig op ons pad! Meer nog, Jesus self stap saam. Stap saam met Piet Meiring deur 7 oordenkings oor vertroue uit sy dagboek DIE LIG OP MY PAD.
![Bruikbaar vir God](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F31553%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Bruikbaar vir God
8 Dae
Geneem uit James Spencer se boek getiteld "Bruikbaar vir God: Agt lesse uit die lewe van D.L. Moody", ondersoek hierdie leesplan agt eienskappe wat in die Skrif en in die lewe van die 19de-eeuse evangelis, Dwight Moody, gesien kan word (bv. oorgegee, biddend, nederig, doelgerig en leergierig). 'n Gratis gids, insluitend hierdie oordenkings saam met aktiwiteite en addisionele oordenkingsinhoud, is ook beskikbaar om afgelaai te word by D.L. Moody Center.
![Gehoorsaamheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Gehoorsaamheid
2 Weke
Jesus het self gesê dat dié wat Hom liefhet, sy onderrig sal gehoorsaam. Maak nie saak wat die persoonlike prys is nie, ons gehoorsaamheid is belangrik vir God. Die "Gehoorsaamheid" leesplan werk deur die Bybelverse oor gehoorsaamheid. Hoe om 'n ingesteldheid van integriteit te hê, die rol van genade, hoe gehoorsaamheid ons vry maak, ons lewens seën en meer.
![Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2592%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus
30 Dae
Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare outeurs, wie se insigte 'n inspraak in jou lewe sal hê. Elke kort oordenking bevat 'n verhaal met verskeie meegaande Skrifverwysings en 'n "Volgende" afdeling om jou te help om in diepte na te dink oor wat jy gelees het. Benut jou stiltetyd ten beste met hierdie waarhede en bemoedigings uit "Ons Daaglikse Reis".