Gratis leesplanne en oordenkings oor EKSODUS 31:3

Bid Moedige Dinge
7 dae
Wat weerhou jou daarvan om moedige gebede te bid? Julia Jeffress Sadler daag ons uit om God op sy Woord te neem en Hom te sien beweeg soos nog nooit tevore in haar verhaal van God se lewensveranderende antwoorde op moedige gebede. Hierdie week gaan ons leer om moedig te bid en in afwagtig te sien hoe God ons gebede beantwoord. Die ongewoonheid lê nie in God se beantwoording van moedige gebede nie, maar in ons vraag na moedige gebede.

Gemaak om te Skep: Ontdek en Gebruik Jou Kreatiewe Geskenke
7 dae
Voel jy dat jy iets spesiaals het om die wêreld te bied, maar onsekerheid of vrees hou jou terug? God roep jou om te skep. Hoe weet ek dit? Ons smag daarna om te skep omdat ons na die beeld van die Skepper gemaak is. Of dit nou 'n besigheid, gesin, bediening of boek is, ons Skepper God het ons 'n diep begeerte gegee om saam met Hom te skep.

Vriendskap Met God
9 Dae
Vriendskap met God handel oor wat dit behels om 'n verhouding met God te kweek. Regdeur die Skrif vind ons baie name vir God. Trooster, Here, Beskermer, Voorsiener, en nog ander. Een van die name wat Hy Homself genoem het en wat my diep getref het, is dat Hy Homself my vriend genoem het. Hoe anders sou die lewe wees as ons leef asof God werklik ons vriend is? Dit het my lewe verander en ek hoop dit sal joune ook verander!

Inleiding Tot Die Tabernakelstudies
10 dae
Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus (Heb 10:20). Die Ou Testament is die slot, die Nuwe Testament is die sleutel; en wat beteken ’n slot sonder ’n sleutel? Net so is kennis van die Ou Testament nodig om die Nuwe Testament reg te verstaan. Die twee vul mekaar aan en vorm een, volmaakte geheel. Leer meer oor die tabernakel en die gepaardgaande rituele.

Werp Jou Bekommernis op Hom
10 Dae
Of jy God vir sy genade loof of met jou eie geloof worstel, kan jy seker wees God sal jou altyd met sy onveranderlike liefde, waarheid en krag ontmoet. Word deel van 'n gemeenskap van vroue wat toegewy is om nader aan God en mekaar te groei deur te vertrou Hy is en sal altyd genoeg wees.