Gratis leesplanne en oordenkings oor EKSODUS 3:11
Ontwaak en Skyn
5 Dae
Mense sê dikwels: "Gee jou laste aan God oor". Wonder jy ooit: "Hoe moet ek dit doen?" Die gebrokenheid van die wêreld weeg te swaar en, al wil jy hóé graag Jesus se lig weerspieël, wonder jy hoe dit werklik daar uitsien wanneer jy sélf sukkel om die lig te sien. Hierdie leesplan ondersoek hoe ons ligte vir Jesus kan wees, selfs wanneer ons eie leefwêrelde donker voel.
’n Oproep tot Dienende Leierskap
5 Dae
Ons is geroep om te lei soos Jesus gedoen het. Leierskap begin by ’n persoon, nie ’n posisie nie, en leiers is daar om God se mense te help om sy doel met hulle te bereik. Hierdie daaglikse leesplan sal stewige leierskapfondamente by jou lê, en jou herinner dat jy eerstens ’n geliefde kind van God is, daarna ’n dienaar en eers dan ’n leier.
Die Harder Lied: Luister vir Hoop te Midde van jou Pyn, Angs, Smart, Twyfel en Klagtes
7 Dae
Indien jy vermoeid is — emosioneel, fisiek, verhoudingsgewys of geestelik — of 'n pad stap saam met iemand wat is, sal hierdie 7-dag leesplan balsem vir jou moeë siel wees. Jy gaan die krag van God se teenwoordigheid in jou hartseer ontdek, deur na die lewens van Dawid, Hanna, Jeremia en ander Bybelse klaers te kyk. Die woorde wat God met jou praat en die lied wat Hy sing, is baie beter en luider as die geraas van jou pyn en lyding.
Oorkom Vrees, Bekommernis en Angs
7 Dae
Vrees is ons reaksie op 'n gewaarwording van gevaar — die doel daarvan is om ons veilig te hou. Soms kan vrees egter ons beheer op maniere wat nie God se bedoeling was nie. Hierdie leesplan lei jou deur die Skrif, waar God direk oor jou vrese praat. Deur oor jou eie lewe na te dink uit die perspektief van die Woord van God, sal jou geloof groei in Hom as die ware bron van vrede en die antwoord op al jou vrese.
Hoe is God? 'n 21-dag Leesplan
21 Dae
Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybel openbaar God wie Hy is. Elke naam van God vertel ons iets van Hom. Oordink God se karakter oor die volgende 21 dae en kyk hoe jou liefde vir Hom groei.
Die Wonder Van Kersfees
25 Dae
Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van iets of iemand wat verloor is. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.
Vreugde In Alle Tydperke
30 Dae
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.