Gratis leesplanne en oordenkings oor EKSODUS 17:10

Hoop vir die Mamma met Nageboortelike Depressie
5 Dae
Die Bybel verwys nie spesifiek na die tydperk na die geboorte van 'n baba nie, maar daar is verskeie verhale oor mense wat deur moeilike tye gaan, wat vir ons wys dat daar in elke lewenstydperk hoop is. Hierdie 5-dag leesplan gee vir die mamma hoop gedurende hierdie tydperk wat 'n onverwagse donker periode kan wees. Amanda Taylor, wat nageboortelike depressie oorwin het, bied saam met professionele berader en sosiale werker, Jan Kimball, hoop aan mamma's in hierdie bemoedigende leesplan

Yster Slyp Yster: Life-to-Life® Begeleiding in die Ou Testament
5 Dae
Verlang jy daarna om "dissipels te maak wat dissipels maak", om sodoende in Jesus se voetspore te volg deur die groot sendingopdrag uit te voer (Matteus 28:18-20)? Indien wel, mag jy agtergekom het dat dit moeilik kan wees om rolmodelle vir hierdie proses te kry. Wie se voorbeeld kan jy volg? Wat beteken dit in die alledaagse lewe om dissipels te maak? Kom ons kyk in die Ou Testament hoe vyf manne en vroue deur hul lewens in ander se lewens (Life-to-Life®) belê het.

Onwrikbare Ma's
6 dae
Wat as jy geweet het hoe om 'n stewige huis te bou wat nie deur lewensstorme beskadig kon word nie? Wat as jou fondament so sterk was dat, al sou daar 'n aardbewing wees, jy NIE DAARDEUR GERAAK sou word nie? Pleister en verf hou nie baie lank nie. Ons kan nie vir altyd agter 'n masker skuil nie. Dit is hoog tyd dat ons toelaat dat Jesus ons sterk maak en in sy liefde anker.