Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 6:12

Leef Doelgerig
3 Dae
In hierdie drie-dag leesplan gaan ons kyk wat dit beteken om doelgerig te lewe. Dit kan al te maklik wees om doelloos te leef, en dis hartseer as ons kosbare lewens so sonder doel verbygaan. Staan dus die volgende drie dae af om te sien wat dit beteken om jou weg te keer van die weë van die wêreld, en op te kyk na God om vir Jesus te begin volg — doelgerig.

Hoe om Vrees te Beveg
4 dae
Gedurende onseker tye, lei ons gedagtegang ons na vrees. Blykbaar is dit kalmerend wanneer ons voortdurend onsself met vrees-gevulde "wat as" gedagtes besig hou. As Jesus se volgelinge, kan ons hierteen veg. Ons hoef nie toe te laat dat vrees ons oorwin nie. Hierdie leesplan bied praktiese wenke vir elke tree wat jy gee in die stryd om vrees te oorwin.

Wanneer Die Duiwel Klop
5 Dae
As die duiwel klop, hoor jy dit nie altyd nie. Reg? Hy sluip eerder by 'n oop deur in. Hy is die bedrieër, vernietiger en aanklaer wat alles sal doen om God se liefde en waarheid te verbloem. Hy wou nie hê dat hierdie Life.Church leesplan geskryf word nie, en hy wil beslis nie hê dat jy of jou kleingroep dit moet lees nie. Maar dit is nog 'n stryd wat God sal wen.

Geestelike Oorlogvoering
5 Dae
Deur middel van hierdie kragtige lering sal jy 'n dieper begrip kry van hoe om 'n strategie uit te werk waarmee jy die vyand kan uitoorlê en verslaan en so sy plan om jou lewe te vernietig, dwarsboom.

Oorlogvoering
5 Dae
In geestelike oorlogvoering veg jy nie vir die oorwinning nie — jy veg vanaf oorwinning. Verkry nuttige insigte oor die geestelike stryd waarmee ons almal gekonfronteer word: Oorlogvoering. Hierdie insiggewende leesplan is deur die teoloog en pastoor, Tony Evans, ontwikkel.

Hou Op Om Kerk Toe Te Gaan
5 Dae
Miskien is daar 'n rede dat jy soms wonder hoekom Christene kerk toe gaan. Miskien was kerk nie bedoel om net nog 'n besoekpunt te wees nie. Of jy deur kerk uitgeput is of net wonder waar jy inpas, is dit 'n wonderlike geleentheid om te sien wat die Bybel oor kerkwees sê. Begin met hierdie Life.Church leesplan om Pastoor Craig Groeschel se reeks "Stop Going to Church" te volg.

Lewe Veranderd: Geestelike Oorlogvoering
5 Dae
As Christene het ons die krag van Jesus Christus wat in ons woon, maar dikwels gee ons die krag oor aan die een wat ons teëstaan. Daar is 'n geestelike oorlog wat oral om ons plaasvind, maar ons is nie hulpeloos nie. Ons kan kies om ons Godgegewe gesag te gebruik om vir onsself en vir ons geliefdes te veg. Hierdie leesplan sal jou aan jou geestelike wapens bekendstel en jou vir die stryd gereed maak!

Koninkryks-huwelik
5 Dae
Die huwelik kom met groot vreugdes en groot uitdagings. Een van die redes vir die uitdagings is omdat ons die Bybelse doel van die huwelik uit die oog verloor het. Ons het God verwyder en die huwelik in terme van geluk gedefinieer. Die huwelik bestaan om God te verheerlik deur sy invloed regoor die wêreld uit te brei. In hierdie 5-dag leesplan neem Dr. Tony Evans jou op 'n reis van 'n koninkryks-huwelik.

Die Wapenrusting Van God
5 dae
Daar woed elke dag, die hele dag lank, ’n onsigbare oorlog om vroue. Dit kan nie gesien of gehoor word nie, maar dit kan in elke aspek van ’n mens se lewe gevoel word. ’n Toegewyde, bose vyand wil chaos veroorsaak in alles wat vir ’n vrou saak maak: haar hart, gedagtes, huwelik, kinders, verhoudings, drome en toekoms. Maar sy oorlogsplan behels dat hy haar onverhoeds en ongewapen moet vang.

Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen
5 Dae
Wen die stryd met jouself deur oorlog te verklaar teen die weergawe van jouself wat jy nie wil wees nie. Ontdek die gedagtes, woorde, gewoontes en krag wat jy benodig om hierdie oorwinning te behaal. Jy is heel waarskynlik jou eie grootste vyand. Leer om uit jou eie pad te kom en om die wapen van oorwinning te ontdek om die innerlike stryd te oorwin.

Wat is Geestelike Oorlogvoering?
5 Dae
Wanneer ons kies om Christus te volg, is ons betrokke in geestelike oorlogvoering. Dit is onsigbaar en dikwels subtiel, maar net omdat ons dit nie kan sien nie, beteken nie dat dit nie bestaan nie. Ons geestelike vyand begeer om ons lewens te ontwrig, sodat ons in ellende sal moet leef. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons leer hoe om oorwinning te behaal deur op God se krag staat te maak, want dit is beskikbaar. Ons moet dit net begin gebruik.

Kan Ek Werklik Sonde En Versoeking Oorwin?
5 Dae
Het jy jouself al af gevra: "Hoekom worstel ek nog steeds met daardie sonde?" Paulus het self so gevra in Romeine 7:15: “Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek.” Hoe kan ek verhoed dat sonde my geestelike groei belemmer? Is dit moontlik? Kom ons bespreek sonde, versoeking, die Satan, en, dankie tog daarvoor, God se liefde.

Veg vir Eensgesindheid in 'n Verdeelde Wêreld
5 Dae
Hoe volg jy Jesus getrou in 'n verdeelde wêreld? In 'n wêreld waar elke kwessie 'n groot geveg tussen "ons" en "hulle" geword het, is dit belangriker as ooit om te onthou dat Jesus steeds op die troon is, ongeag wat gebeur. Leer hoe om soos 'n dissipel van Jesus te reageer op 'n wêreld wat al hoe meer verdeeld raak.

Staan Sterk — Oorwin Teëspoed & Lewe Met Selfvertroue
5 Dae
Hierdie 5-dag leesplan uit Alli Worthington se nuwe boek, Staan Sterk, sal jou help om te onthou wie jy is wanneer jy voor swaarkry te staan kom en om God se droom vir jou te herwin. Dit is tyd om te besef dat jy sterker is as wat jy dink. 'n Vrou se plek is enige plek waarheen God haar stuur — wandel dus in die vertroue wat net van Hom af kom. Jy kan nie 'n vrou breek wat haar krag van God af kry nie.

GEVEGSBEPROEF
5 Dae
Ons staar almal moeilike omstandighede, kultuurbotsings en persoonlike worstelinge in die gesig. Soms is die lewe soos om in 'n geveg gewikkel te wees. Hierdie is 'n leesplan wat jou sal bemoedig en versterk vir die geestelike gevegte wat jy in die lewe sal hê.

Vergewe Wat Jy Nie Kan Vergeet Nie: 'n 5-dag Uitdaging
5 dae
Het jy al ooit gevoel dat jy vasgevang is in 'n siklus van onopgeloste pyn of oortredings wat oor en oor in jou gedagtes afspeel? Jy weet jy kan nie so aangaan nie, maar wanneer jou hart verpletter is, lyk vergifnis na 'n onmoontlike versoek. Lysa TerKeurst verstaan ten diepste en nooi jou uit om by haar aan te sluit vir hierdie 5-dag leesplan uit haar nuwe boek "Forgiving What You Can’t Forget and to discover God’s healing gift".

Die Wapenrusting van God
5 Dae
Elke dag woed 'n onsigbare oorlog om jou — jy hoor en sien dit nie, tog voel jy dit in elke faset van jou lewe. 'n Vasbeslote, duiwelse vyand probeer om amok te maak in alles wat vir jou belangrik is: in jou hart, denke, huwelik, kinders, jou drome en eindbestemming. Sy gevegsplan maak daarop staat om jou onverhoeds en ongewapen te betrap. As jy egter moeg is om heen en weer geslinger en uitgevang te word die oomblik wat jy ontspan, dan is hierdie die regte leesplan vir jou.

Die Weg van die Koninkryk
5 Dae
God maak sy kerk wakker, en ons moet die geheelbeeld begin sien. Wanneer tye moeilik raak, sal ons in die versoeking kom om tou op te gooi. Dit is egter nie nou tyd om moed te verloor nie. Sluit by ons aan terwyl ons leer hoe om die tye waarin ons is te verstaan, asook om strategieë te verkry hoe om op te staan en die koninkryk van God te bevorder.

Lewe Veranderd: Tydens Kersfees
5 Dae
Gedurende die gewoel ter voorbereiding van die feestyd is dit maklik om die ware betekenis mis te kyk van dit wat ons vier. In hierdie 5-dag adventleesplan delf ons dieper in die beloftes wat deur die geboorte van Jesus vervul is en ons hoop op die toekoms. Terwyl ons verder leer oor wie God is, ontdek ons ook hoe om gedurende die feestyd met geloof, hoop, vreugde en vrede te leef.

VRYMAKING Van Pornografie Vir Mans
6 dae
Pornografie is 'n gevegsterrein met baie slagoffers wat gebroke lewens en verhoudings insluit. Dit sny ons van die werklikheid af en beïnvloed ons verwagtinge oor seks en liefde op 'n negatiewe manier. Dit aktiveer veranderinge in jou liggaam wat verslawend en skadelik word. Dit kan lei tot ander sonde, maar die ergste van alles is, dit laat ons van God se liefde af wegbeweeg. God wil jou help om bevryding te vind van die patroon van wellus, skuldgevoelens en gebreekte beloftes.

Breek Vry Van Afguns 'n 6-dag Leesplan deur Anna Light
6 Dae
Vandag, meer as ooit tevore, sien ons mense se lewens hoe hulle wil hê dit gesien moet word. Wanneer ons dit vergelyk met ons eie lewe, kan dit afguns veroorsaak. Jy wil nie toelaat dat hierdie gees in jou sweer nie, maar wat van die skade wat afguns aanrig wanneer dit deur iemand anders teen jou gerig is? In hierdie leesplan gaan jy ontdek hoe om afguns te oorkom, jou hart te beskerm en in vrede te wandel.

Lewe Veranderd: Aanvaar Jou Identiteit
6 Dae
Met so baie stemme wat vir ons vertel wie ons moet wees, is dit geen wonder dat ons sukkel om ons identiteit te plaas nie. God wil nie hê dat ons loopbane, ons getroude status of ons foute moet bepaal wie ons is nie. Hy wil hê dat sy mening oor ons die hoogste gesag in ons lewens sal wees. Hierdie 6-dag leesplan sal jou help om wat die Bybel sê jy is, deel van jou te maak en waarlik jou identiteit in Christus aan te gryp.

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike Oorlogvoering
6 dae
Daar is baie vrae oor die geestelike stryd teen die Bose. Mense wil weet hoe om die Bose teen te staan en hoe om te weet wanneer dit hy is wat ons aanval. Hierdie leesplan fokus daarop om eenvoudige riglyne te gee oor hoe om te onderskei wanneer die bose ons aanval en wat om te doen.

Klein Groepe, Enorme Groei
7 Dae
Kerke noem hulle kleingroepe, selgroepe en LifeGroups. Nieteenstaande die name, hulle bestaan om betekenisvolle verhoudinge tussen Christus-volgelinge te skep. Maar hoekom? Is dit die mense met wie ons die gemaklikste in ons Christelike lewens is, of is daar iets meer? Hierdie leesplan, deur die Life.Church se LifeGroups-span, is vir almal wat dink dat God hulle kleingroepie kan gebruik om massiewe groei te bewerkstellig.

Veranderde Lewe
7 Dae
Vergelyk jy jouself dikwels met ander of met die samelewing se standaard van wat dit behels om 'n vrou te wees? Wat as jy eerder fokus op wat God van jou sê en leer hoe om die stryd te stry teen die sluwe leuens van die vyand? Hierdie leesplan sal jou help om elke dag met hoop en vertroue in Christus te leef, wetende dat jou identiteit slegs in Hom rus.