Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 5:1

Word Die Pa Wat God Wil Hê Jy Moet Wees
5 Dae
Kinders is 'n seën van die Here (Psalm 127:3), ongeag die omstandighede waarin hulle gebore is. Dank God vir die voorreg om 'n pa te wees en neem nou die besluit dat jy sal wees wat God wil hê jy in jou kinders se lewens moet wees: 'n duidelike, lewende toonbeeld van Hom, ongeag die keuses wat jy tot nou toe gemaak het. Dis regtig nie so moeilik as wat jy dink om 'n goeie pa te wees nie! Al wat jy moet doen, is om jou kinders lief te hê soos jou Hemelse Vader jou liefhet.

Meesterlik in Een Ding
5 Dae
Die teenoorgestelde van meesterlik is middelmatig, en middelmatigheid is doodeenvoudig wanneer jy nalaat om liefde te bewys en dus 'n wanvoorstelling van God se beeld gee. In hierdie leesplan gaan jy ondersoek instel waarom Christene die hoogste standaarde van uitnemendheid in hul werk moet handhaaf; waarna ons behoort te soek ten opsigte van "een ding," en hoe jy bekwaamheid in jou beroep tot verheerliking van God en tot voordeel van ander kan bereik.

Lewenslustig: 'n Geroepe Lewe
5 Dae
Paulus, 'n bevryde gevangene van die Here, het die kerk by Efese gesmeek: "laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het." Ons is die Vader se verteenwoordigers op aarde en ons roeping is om goeie verteenwoordigers van Hom te wees. Soos jy daarna strewe om 'n lewenslustige of 'n oorvloedige lewe te leef, word jy al hoe sekerder van jou roeping en uitverkiesing.

Hy Is My Hoop
7 dae
Hoop is van die uiterste belang in ons land en ons wêreld. Ons glo in ’n nuwe begin in ons land, in ons huise en in ons lewe. Daarom moet ons ons hoop volkome in die reddende, beskermende en onverdiende genade van Jesus te plaas. Stap in 7 dae saam met Angus Buchan en fokus op gedagtes oor hoop uit sy dagboek GENADEJAAR.

21 Dae deur Efesiërs
21 Dae
Efesiërs is ryk aan waarhede oor God en sy reddingswerk in ons. Hierdie leesplan is ontwerp om jou te help om dieper in hierdie teks te delf, terwyl jy meer oor God en jouself leer. Die daaglikse ses-stap roetine sal jou help om 'n gewoonte te vestig om die Woord van God te lees en daarby betrokke te raak. Hierdie leesplan word verskaf deur die Christelike Standaard Bybel (CSB). Kom meer te wete by CSBible.com.