Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 3:14
![Leer Om Geliefd te Wees](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F50446%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Leer Om Geliefd te Wees
3 Dae
Hierdie drie-dag leesplan, gebaseer op die nuwe boek "Learning to Be Loved," sal jou help om te leer aanbeweeg van bloot te wéét van God se liefde na sy liefde werklik in jou hart te erváár. Deur praktiese stappe en eerlike besinning sal skrywers David Bowden en Mart Green jou leer om die waarheid te koester dat God jou eerste liefgehad het. Maak jouself oop vir God se diepgaande, onvoorwaardelike liefde vir jou. Begin vandag en leer wat dit beteken om werklik geliefd te wees.
![Wysheid vir die Toekoms](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F41785%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wysheid vir die Toekoms
5 dae
Staar jy ʼn moeilike uitdaging in die gesig? Is daar ʼn doelwit wat jy graag wil nastreef, maar jy voel asof jy vasgeval het? Geen opsies? Onseker oor jou volgende stap? In hierdie inspirerende leesplan ondersoek Jean Symons vyf vrae wat jou denkwyse heeltemal kan verander en God se kreatiwiteit en wysheid oor elke deel van jou lewe kan laat spoel. Trek jou joernaal nader en laat die reis begin.
![Innerlike sterkte](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F42238%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Innerlike sterkte
5 dae
Innerlike krag is net van God afkomstig. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer sal ons sy krag ervaar wat ons nodig het vir ons alledaagse omstandighede. In hierdie leesplan gaan ons God se waarheid oor ons karakter ontdek en hoe om sterk te staan.
![Uit Die Beek 2020](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16019%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Uit Die Beek 2020
7 dae
Uit die Beek se tekskeuse vir elke dag is grootliks op die "Revised Common Lectionary" gebaseer. Dit maak hierdie dagboek geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag jy die Here leer ken soos Hy werklik is.
!['n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F34536%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church
19 Dae
Hierdie 3-weeklange leesplan neem ons deur die tydlose wonder van hoe God deur sy Seun, Jesus, na ons toe gekom het. Die leesplan is ontwerp om op 'n Maandag te begin sodat elke naweek 'n korter inhoud sal insluit wat bedoel is vir rus en nadenke gedurende die vakansietyd. Sluit by ons aan terwyl ons bestudeer wat die geboorte van Christus vir ons toekoms, hede en verlede beteken.
![21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3314%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™
21 dae
Hierdie 21 dae-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan.
![21 Dae deur Efesiërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15691%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
21 Dae deur Efesiërs
21 Dae
Efesiërs is ryk aan waarhede oor God en sy reddingswerk in ons. Hierdie leesplan is ontwerp om jou te help om dieper in hierdie teks te delf, terwyl jy meer oor God en jouself leer. Die daaglikse ses-stap roetine sal jou help om 'n gewoonte te vestig om die Woord van God te lees en daarby betrokke te raak. Hierdie leesplan word verskaf deur die Christelike Standaard Bybel (CSB). Kom meer te wete by CSBible.com.
![Bid](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1554%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Bid
24 Dae
Die beste manier om in jou gebedslewe te laat groei, is om te leer uit ander se gebede. Hierdie leesplan laat ons luister na helde uit die Bybel se gebede in verskillende situasies en vir verskillende doelwitte. Die leesplan is ontwerp om saam met die boodskapreeks "Pray", deur Craig Groeschel, gelees te word. (Jy kan aanlyn by life.church daarna kyk). Moenie alleen bid nie, bestudeer hierdie inhoud saam met jou kleingroep.
![Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir Kersfees](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22448%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir Kersfees
27 Dae
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.
![BibleProject | Advent Oordenkings](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F28549%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
BibleProject | Advent Oordenkings
28 dae
BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.