Gratis leesplanne en oordenkings oor PREDIKER 4:9

Die Voorhuwelikse Kursus
5 Dae
Sterk huwelike ontwikkel nie sommer net outomaties nie. Ons hoop dat julle die gesindhede, waardes en gewoontes sal ontdek wat nodig is om 'n gesonde en sterk huwelik te bou wat 'n leeftyd sal hou. Hierdie 5-dag leesplan is aangepas uit die voorhuwelikse kursus, geskep deur Nicky en Sila Lee, skrywers van "The Marriage Book".

Wysheid vir Geestesgesondheid
5 Dae
As jy oorweldig voel deur jou geestesgesondheid, is jy nie alleen nie. Die uitdagings kan verwarrend voel. Eendag voel jy dalk goed, maar die volgende dag word jy wakker en voel jy angstig, depressief of uitgebrand. Hierdie 5-dag leesplan kan jou help om hoop, genesing en vrede te vind deur wysheid uit die Skrif.

Sewe Vrae Wat In Die Gedagtes Van Meeste Mans Maal
7 Dae
Moet jy die volgende hê om 'n ware man te wees: 'n perfekte gesin, 'n hoekkantoor, 'n luukse motor en 'n massiewe huis? Of is daar iets meer aan hierdie lewe? Hierdie 7-dag leesplan van John Woodall sal al die vrae aanraak wat jy nog altyd met 'n betroubare vriend wou bespreek en vir jou God se reaksie op die vrae gee.

Verhoudingsdoelwitte
7 Dae
Daardie perfekte verhouding wat jy so een beeld op ‘n slag bewonder, mag dalk glad nie so benydenswaardig wees in die regte lewe nie. Is dit nie so nie? Watter tipe verhoudingsdoelwitte werk dan regtig? Hierdie Life.Church leesplan, geskryf deur mense wat wissel van enkellopend tot pasgetroud tot lank getroud, sal die tipe liefde wat God vir alle verhoudings kan bied, uitlig.

Vier jou vrou-wees
7 dae
Daar is so baie dinge vandag wat vroue “doodmaak”. Oor die volgende sewe dae wil ons jou waarsku teen die goed wat vroue se lewens wil verwoes, hulle vreugde en unieke vrou-wees wil steel. Jy kan egter altyd onthou: Jou God is groter as jou probleme. Hy is jou Vader wat jou liefhet en vashou. Hierdie leesplan is saamgestel uit VROU-WEES deur Stephan Joubert en Johan Smith.

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?
7 Dae
Johan Smith vra jou om te evalueer of jy lei of ander laat ly ... In hierdie 7-dag leesplan praat Johan oor leierseienskappe soos invloed, opoffering, self-leierskap, sensitiwiteit en verhoudingsfokus. Alles wat jy nodig het om ’n passievolle leier te wees wat op ander fokus, vir hulle omgee en hulle verbeter om saam nuwe hoogtes te bereik.

Waardig — Breek Vry van die Leuens van Waardeloosheid
7 Dae
As die leuens van waardeloosheid in jou siel ingesluip het, kan gedagtes van nutteloosheid beduidende areas van jou lewe beïnvloed. Terwyl jy in jou posisie van waarde met Christus inbeweeg, sal jy ander inspireer om vry te wees en ook voortreflik te voel. Hierdie stryd is nie net die moeite werd om vir jouself en diegene vir wie jy lief is te veg nie, dit is ook die moeite werd om te wen!

Geestelike Dissiplines en Evangelisasie
9 Dae
Die geestelike dissiplines speel 'n spesifieke rol in die Christelike ervaring — dit lei gelowiges om meer soos Jesus te word in hul gedagtes, woorde en dade. Hoe maak dit deel uit van ons roeping om die liefde van Jesus aan ander te toon en te bewys? Hierdie leesplan sluit agt van die geestelike dissiplines in om jou te help groei in geloof, sodat dit na ander toe sal oorloop!

Om Dankbaarheid te Kies
10 Dae
Daar is so baie van ons wat gefrustreerd, angstig en met 'n gevoel van oorweldiging lewe. Ons hoef nie so te lewe nie. Nuwe gewoontes kan gevorm word. Nuwe hoop kan gevind word. Vreugde is net om die draai. Hoe kom ons daar? Die geestelike oefening van dankbaarheid is dikwels die verlore sleutel om die hoop, vreugde en prag rondom ons te ontsluit.

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld
29 dae
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.