Gratis leesplanne en oordenkings oor PREDIKER 3:4

Verlies teenoor wins
3 Dae
Is jy al deur die pynlike ondervinding van verlies? Het jy al persoonlike of materiële verlies gelei? So 'n groot verlies kan ons gebroke en magteloos laat voel, maar God ontmoet ons in ons verlies en kan ons weer heelmaak. God voorsien eintlik in oorvloed en buitengewoon in ons verlies, ons moet Hom net aanroep. God voorsien presies wat ons nodig het in ons tye van verlies.

Almal wil wen, maar niemand wil wag nie
5 Dae
Deur hierdie omvattende, daaglikse leesstukke, leer jy hoe om in alle aspekte van die lewe, van genesing tot verhoudinge, op God se tydsberekening te wag. Ontdek hoe om die beste van die wagtyd te maak en volgens God se wil te bid. Hierdie oordenking is gebaseer op "Everybody Wants to Win, But Nobody Wants to Wait" deur Marcus Gill.

Rigtingwysers vir die Lewe
6 dae
Watter raad het 'n paar minder bekende Bybelse figure om aan Millenniërs en/of dié van Generasie Z, te gee? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan.

Gesindheid
7 Dae
Hoe kan ons die regte gesindheid in elke situasie betoon? Wat is die regte gesindheid? Hierdie 7-dag leesplan vind antwoorde in die lewe en leringe van Christus. Laat hierdie daaglikse aanmoedigings, nadenkende gebede en kragtige Skrifte die denkwyse van Christus in jou vorm.

Oorkom Die Monster Van Verdriet
7 dae
Verdriet is 'n werklikheid — en dit maak seer. Dit is nie iets wat jy kan ignoreer, begrawe onder die eise van die daaglikse lewe, of oornag weg wens nie. Jy moet daardeur werk. Wees verseker, jy kan jou verdriet oorkom. God verwag nie van jou om alleen daardeur te gaan nie — Hy belowe om elke tree van die pad saam met jou te wees.

Om Goddelike Doelwitte te Stel
7 Dae
Doelwitte is goed ... solank hulle ons in God se rigting stuur. Indien jy dit oorweeg om doelwitte vir jouself te stel, gebruik dan hierdie leesplan as riglyn om te verseker dat waarna jy streef jou op koers hou vir Christus.

Al die Gevoelens: Neem Beheer van Jou Gevoelens (in Plaas van Andersom)
7 Dae
Emosies — wees lief daarvoor of haat dit — ons het dit almal. Ons moet almal uitvind hoe om dit te hanteer. Wag eers. Kan ons iets aan emosies doen? Kan ons leer hoe om ons gevoelens te identifiseer, uit te druk, te ervaar — en ja, soms te twis — om 'n lewenslustige, gesonde lewe vir Jesus te lei? Hierdie leesplan sal jou toerus met die Bybelse perspektiewe en praktiese hulpmiddels wat jy nodig het om te floreer.

Naby aan die Gebrokenes van Hart: Hoe om van Hartseer te Genees op God se Manier
7 Dae
Of jy die verlies van 'n vriendskap, gebroke droom of 'n gebroke verhouding ervaar — om hartseer te ervaar kan verwarrend en uitdagend wees. In hierdie 7-dag leesplan gaan jy leer hoe om jou hartseer te hanteer op God se manier.

12 Dae Om Liefde Te Bou Wat Hou
12 Dae
In hierdie studie sal ons jou lei deur 'n verhoudingsreis wat die 12 noodsaaklike maniere dek om Liefde Te Bou Wat Hou.

Prediker
12 dae
Prediker is 'n dramatiese outobiografie van Salomo se lewe toe hy probeer het om gelukkig te wees sonder God. Daaglikse reis deur Prediker luister jy na die klankstudie en lees uitgesoekte verse uit God se woord.

21 Dae van Vas en Gebed Leesplan
21 Dae
Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elke dag. Ons weet dat wanneer jy tyd deurbring om te vas en te bid, jy sal sien dat God meer doen as wat jy kan vra of jou kan voorstel!

Ontdek jou Finansiële Pad
28 Dae
Hierdie leesplan is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word. Het jy hulp nodig om God eerste in jou finansies te stel? Laai maandelikse en/of weeklikse begrotingsvorms af, kyk na preke en word aangemoedig deur suksesverhale by www.newspring.cc/financialplanning