Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 13:2

Begin die Lydenstyd in Jesus se Voetspore
6 dae
Reis hierdie Lydenstyd deur die Heilige Land saam met Dr. Jim Denison in hierdie 6-dag leesplan, 'n uittreksel uit sy boek "To Follow in His Footsteps". In hierdie aanskoulike en deeglike gids van 'n paar belangrike landmerke van die Christelike geloof, sal jy feitlik loop waar Jesus geloop het en gelaat word met 'n nuwe waardering vir alles wat God in ons wêreld gedoen het en steeds doen.

Fokus Op Vas
7 dae
Nie alle Christene het die gewoonte om gereeld te vas nie. Dit is egter van onskatbare waarde, ook in die moderne era waarin ons vandag leef. Ons gaan die volgende 7 dae kyk na wat vas is, wat dit nié is nie en hoekom dit waardevol vir alle Christene is om dit deel van hulle Christelike leefwyse te maak.

Om Rus in die Lewensritmes te Vind
10 Dae
Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat om ons aandag meeding, beland ons maklik in ongesonde siklusse van rus. Ons stry en span ons in teen God se doel vir ons lewens — en brand onsself uit. Hierdie 10-dag leesplan sal jou op geestelike weë lei wat jou sal help om jouself vir die Here ontvanklik te maak; om gemeenskap en intimiteit met Hom te ervaar — en ware rus vir jou siel te vind.

Reis deur Handelinge in 10 dae
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.

Gesprekke Met God
12 Dae
Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geniet — 'n gesprek wat 'n verskil sal maak in ons rigting, verhoudings en doel op aarde. Hierdie leesplan is vol openhartige, persoonlike stories oor die hart van God wat na ons uitreik. Hy het ons lief!

21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za