Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 1:9

Begin Weer
7 Dae
Nuwejaar. 'n Nuwe Dag. God het hierdie oorgange geskep om ons daaraan te herinner dat Hy die God van nuwe begin is. As God die wêreld kon skep deur slegs te praat, kan Hy beslis in die duisternis van jou lewe praat en vir jou 'n nuwe begin skep. Hou jy nie net daarvan om nuut te begin nie! Net soos hierdie leesplan. Geniet dit!

Kom Saam, Inspirasie vir jou Lewensreis
7 Dae
Kom sit jou bagasie by Jesus Christus se voete neer en toer sewe dae lank saam met my deur herinneringe van seerkry en vreugde. Mag jy saam met my uitsien na 'n hemelse paradys saam met Jesus.

Bruikbaar vir God
8 Dae
Geneem uit James Spencer se boek getiteld "Bruikbaar vir God: Agt lesse uit die lewe van D.L. Moody", ondersoek hierdie leesplan agt eienskappe wat in die Skrif en in die lewe van die 19de-eeuse evangelis, Dwight Moody, gesien kan word (bv. oorgegee, biddend, nederig, doelgerig en leergierig). 'n Gratis gids, insluitend hierdie oordenkings saam met aktiwiteite en addisionele oordenkingsinhoud, is ook beskikbaar om afgelaai te word by D.L. Moody Center.

Reis deur Handelinge in 10 dae
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.

Die basiese beginsels van die Christelike geloof
13 Dae
As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!