Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 PETRUS 1:10
Lewenslustig: 'n Lewe van Aanbidding
5 Dae
Aanbidding is die kragtige dissipline wat jou kapasiteit om 'n lewenslustige lewe te lewe sal waarborg. Wanneer 'n man of vrou kies om die moeisame reis aan te pak teen die berge van aanbidding op, ten spyte van pyn, lyding, en mishandeling, sal God hulle op daardie hoë plek ontmoet met sy krag en sy vreugde.
Om 'n Gesonde Kerk Te Plant
7 Dae
Wanneer God jou tot die bediening roep, kan dit oorweldigend wees, maar dit kan ook die beste ding wees wat ooit met jou kan gebeur. Begin hier in die Woord van God as jou hart geroer is om 'n kerk te stig. Verdiep jou in hierdie 7-dag leesplan, en vind die bemoediging wat jy nodig het om met God se roeping te begin.
2 Petrus
9 Dae
Die Tweede brief van Petrus gaan alles oor God se genade – hoe dit ons gered het, hoe dit ons bewaar en hoe ons daarin kan lewe – ten spyte van wat dwaalleraars sê. Reis daagliks deur 2 Petrus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Herskep deur die Waarheid
12 Dae
Een van die Satan se beste strategieë is om mense te laat voel asof hulle heeltemal alleen is in hul twyfel, angs en versoekings. Hierdie leesplan werp lig op sommige van die areas waarmee jong vrouens in hul daaglikse Christelike wandel mag sukkel. In 12 dae sal jy leer om die leuens te herken wat die Satan vir jou vertel en ook om die waarheid te ken wat in Christus te vinde is. Jy mag dalk selfs vind dat jy nie so alleen in jou stryd is as wat jy gedink het nie.
'n Sprong van Vreugde
31 Dae
Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.