Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 KORINTIËRS 9:7

Ek Is Vrygewig
4 dae
Toe jy jou lewe aan God gegee het, het jy by verre die vrygewigste geskenk van alles aanvaar. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal jou help om die enigste redelike reaksie daarop te ontdek. Begin lees uit deel vier van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan.

Advent: Herontdek Kersfees in die Chaos
4 Dae
Begeer jy 'n dieper, meer betekenisvolle Kersfeesviering? Herontdek hierdie jaar die gawes van HOOP, VREDE, VREUGDE en LIEFDE wat God gedurende hierdie besige tydperk aan ons almal bied. Herontdek en verken met "Kersfees in die Chaos", die Adventtemas in die Skrif en oordenkings wat ten doel het om ons voor te berei om weg te tree van die vakansietydperk se chaos en waarlik Jesus se geboorte te vier!

Die Minimalistiese Huis
5 Dae
Die skrywer Joshua Becker het iets moois sien gebeur wanneer mense hul oortollige besittings begin verminder — gedurende die proses, het die mense self verander. Alhoewel hierdie leesplan oor die vermindering van jou goed gaan, sal jy ook ontdek dat om minder te besit, vir jouself vernuwend kan wees. Met die afskaling van jou besittings sal jy verbaas wees oor hoe jou geloof, doelgerigtheid en gees van vrygewigheid oorvloediglik sal toeneem.

Vry om vrygewig te wees
5 dae
As kinders van God, is ons vry om vrygewig te wees. In hierdie leesplan oor vyf dae verduidelik Chip Ingram hoe ons God se roeping vir ons kan vervul deur vrygewigheid te verstaan en te leer waarom dit goed is vir ons. Ons kyk na God se model van gee en hoe Hy ons wil seën wanneer ons deur ons lewens uitdrukking gee aan sy vrygewige hart.

Lewe Veranderd: Voorsiening
5 Dae
Ons dien 'n vrygewige God wat belowe om in elke behoefte van ons te voorsien. Al laat Hy nie alle wense waar word nie, doen Hy tog wonderwerke. God geniet dit om vir ons geskenke te gee, want Hy gee baie om vir ons, selfs tot in die kleinste besonderhede. Hierdie 5-dag leesplan verken verhale van God se voorsiening, hoe om jou geloof te versterk en jou aan te moedig om God eerste in jou finansies te stel.

Hoeveel Is Genoeg?
6 dae
Wil jy altyd net 'n bietjie meer hê? Nog 'n paar duur tekkies. Nog 'n skaatsplank. Meer lekkergoed. Meer rekenaarspeletjies. Wat jou gunsteling ding ook al is, jy wil net meer daarvan hê! Hierdie leesplan sal jou leer om dankbaar te sê: "Ek het genoeg." Jy sal besef dat dit jou gelukkiger sal maak wanneer jy soos Jesus lewe en vra: "Hoeveel kan ek gee?" in plaas van: "Hoeveel kan ek kry?"

Wat Jesus Gesê Het Oor Geld en Fisiese Voorsiening
6 dae
Geld speel 'n baie groot rol in mense se lewens. In die lewe van baie mense speel dit 'n te groot rol. Hierdie leesplan wil 'n aantal riglyne gee oor hoe ons geld moet gebruik en God se versorging vir ons behoeftes.

7 Dae Om 'n Meer Vrygewige Persoon Te Word
7 Dae
Om vrygewig te leef gaan nie net oor die dade wat ons doen nie — dit is die hart wat ons God toelaat om in ons te ontwikkel. Dit is 'n reis van die hart en om alles wat ons het te beskou as gawes van God. In hierdie leesplan sal ons ontdek dat om vrygewig te leef baie verder strek as ons persoonlike finansies — dit is 'n leefstyl wat op ander gefokus is.

Vrolik en Vriendelik: Vier Elke Dag Kersfees
7 Dae
Daar is iets spesiaals omtrent Kersfees wat die beste in almal van ons na vore bring. Ons is dan gewoonlik vriendeliker, vrygewiger en bring meer tyd saam met ons geliefdes deur. Hoe sou dit wees as dit nie in Desember aan 'n einde hoef te kom nie? Hoe sou dit wees as ons elke dag Kersfees kan vier?

Skep 'n Beter Normaal
7 Dae
Te midde van krisis en onsekerheid hunker baie van ons om terug te keer na normaal. Wat as dit egter tyd is om eerder 'n beter normaal te skep? In hierdie sewe dag leesplan sal ons ontdek hoe om op te hou om beheer te soek en eerder God te begin soek.

Hou die Kleingeld: Bestuur Jou Geld Verstandig
7 Dae
Geld kan 'n onderwerp wees wat ongemaklik is om te bespreek en moeilik is om te verstaan. Hoe ons ons geld aanwend kan egter bepaal hoe ons ons lewens deurbring. Hoe kan ons dan verseker dat ons God vereer en ander met ons finansies dien? In hierdie 7-dag leesplan, kyk ons na ware verhale van gewone mense wat leer hoe om beheer oor hul begrotings te neem en meer vrygewige lewens te lei.

Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & Antwoorde
21 Dae
Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

Beter Tesame
24 Dae
Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die liggaam van Christus! In hierdie reeks verduidelik Pastoor Rick hoe om die deur die lewe te gaan in verhouding met ander mense.

Ontdek jou Finansiële Pad
28 Dae
Hierdie leesplan is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word. Het jy hulp nodig om God eerste in jou finansies te stel? Laai maandelikse en/of weeklikse begrotingsvorms af, kyk na preke en word aangemoedig deur suksesverhale by www.newspring.cc/financialplanning

Die Nalatenskapsreis
31 Dae
Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.