Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 KORINTIËRS 9:11

Ek Is Vrygewig
4 dae
Toe jy jou lewe aan God gegee het, het jy by verre die vrygewigste geskenk van alles aanvaar. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal jou help om die enigste redelike reaksie daarop te ontdek. Begin lees uit deel vier van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan.

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 1)
5 Dae
Aanmoediging vir mammas van 'n ma wat haar sewe kinders groot gemaak het en geleef het om daarvan te vertel. Hierdie is deel 1 van twaalf oordenkings in hierdie reeks van Robin Meadows!

Vry om vrygewig te wees
5 dae
As kinders van God, is ons vry om vrygewig te wees. In hierdie leesplan oor vyf dae verduidelik Chip Ingram hoe ons God se roeping vir ons kan vervul deur vrygewigheid te verstaan en te leer waarom dit goed is vir ons. Ons kyk na God se model van gee en hoe Hy ons wil seën wanneer ons deur ons lewens uitdrukking gee aan sy vrygewige hart.

Lewe Veranderd: Voorsiening
5 Dae
Ons dien 'n vrygewige God wat belowe om in elke behoefte van ons te voorsien. Al laat Hy nie alle wense waar word nie, doen Hy tog wonderwerke. God geniet dit om vir ons geskenke te gee, want Hy gee baie om vir ons, selfs tot in die kleinste besonderhede. Hierdie 5-dag leesplan verken verhale van God se voorsiening, hoe om jou geloof te versterk en jou aan te moedig om God eerste in jou finansies te stel.

Infinitum Gesin Advent, Week 2
5 Dae
Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestydperk nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word deur God. Soos met al die beste dinge in die lewe, word hierdie reis die beste saam met ander geneem — kry dus 'n vriend of twee asook jou sin van verwondering terwyl jy die Adventstyd inbeweeg.

Infinitum Advent Breek Versperrings, Week 2
5 Dae
Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word deur God. Soos met al die beste dinge in die lewe, word hierdie reis die beste saam met ander geneem — kry dus 'n vriend of twee asook jou sin van verwondering terwyl jy die Adventstyd inbeweeg.

Hoeveel Is Genoeg?
6 dae
Wil jy altyd net 'n bietjie meer hê? Nog 'n paar duur tekkies. Nog 'n skaatsplank. Meer lekkergoed. Meer rekenaarspeletjies. Wat jou gunsteling ding ook al is, jy wil net meer daarvan hê! Hierdie leesplan sal jou leer om dankbaar te sê: "Ek het genoeg." Jy sal besef dat dit jou gelukkiger sal maak wanneer jy soos Jesus lewe en vra: "Hoeveel kan ek gee?" in plaas van: "Hoeveel kan ek kry?"

Om Dankbaarheid te Kies
10 Dae
Daar is so baie van ons wat gefrustreerd, angstig en met 'n gevoel van oorweldiging lewe. Ons hoef nie so te lewe nie. Nuwe gewoontes kan gevorm word. Nuwe hoop kan gevind word. Vreugde is net om die draai. Hoe kom ons daar? Die geestelike oefening van dankbaarheid is dikwels die verlore sleutel om die hoop, vreugde en prag rondom ons te ontsluit.

In Die Sakewêreld Met God
12 Dae
Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebruik om op bonatuurlike wyse fisieke en geestelike armoede aan te raak en so die oorvloed van sy koninkryk na die aarde te bring.

Ontdek jou Finansiële Pad
28 Dae
Hierdie leesplan is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word. Het jy hulp nodig om God eerste in jou finansies te stel? Laai maandelikse en/of weeklikse begrotingsvorms af, kyk na preke en word aangemoedig deur suksesverhale by www.newspring.cc/financialplanning