Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 TESSALONISENSE 5:19

Ongelyk Gejuk
4 dae
Hoe leef ek saam met 'n huweliksmaat wat nie in God glo nie? Deesdae is dit nie 'n ongewone vraag nie, en paartjies wat met hierdie situasie te kampe het, kom baie probleme teë. Sonder 'n gedeelde fondament van geloof in Christus, is die huwelik ongebalanseerd. In hierdie leesplan kry jy hulp by Dr. Kim Kimberling oor wat jy kan doen indien jy in jou huwelik in 'n ongelyke juk trek.

Lewe Veranderd: In die Nuwe Jaar
4 dae
Met elke Nuwejaar kry ons ‘n nuwe geleentheid vir ‘n nuwe begin. Moenie dat hierdie jaar net nog ‘n jaar wees wat begin met besluite wat jy nie end-uit sal kan volhou nie. Hierdie 4-dag leesplan sal jou kans vir nadenke en ‘n nuwe perspektief gee, sodat jy dit jou beste jaar ooit kan maak.

Wandel in die Heilige Gees
5 Dae
Die Heilige Gees het die vergete God geword. Ons moet nie vergeet dat die Heilige Gees die Skrif geïnspireer het nie, maar die outeur is altyd groter as sy boek. Terwyl Jesus op aarde was het Hy op die Heilige Gees staatgemaak, en daardeur vir ons 'n voorbeeld gestel om dieselfde te doen.

Wees Dankbaar in Alles: 'n 5-dag Danksegging Leesplan
5 Dae
Geniet die Woord van God deur die lens van dankbaarheid. Die oordenkings in hierdie 5-dag leesplan spruit almal uit kommentaar deur Dr. Tony Evans wat in die CSB Tony Evans Bible Commentary gevind word.

Tydige Dankbaarheid
5 dae
Ons almal word op ‘n daaglikse basis gekonfronteer met negatiewe gesprekke, ontstellende nuusberigte, persoonlike uitdagings en vele ander situasies. Realiteite kan jou opslurp in ‘n maalkolk van negatiwiteit en depressie. Opgee is nie ‘n opsie nie. Maar jou daaglikse 24-uur-pakkie bevat beslis iets om voor dankbaar te wees!

Lewe Veranderd: Gesprekke met God
7 Dae
Baie mense wil 'n hegter verhouding met God hê, maar weet nie hoe om dit aan te pak nie. Wanneer ander mense gebed voorstel, voel dit te formeel, intimiderend of ondoeltreffend. Hierdie leesplan sal lesers help om God beter te leer ken en die krag van gebed te ervaar, want elke leesplandag gee praktiese voorbeelde van hoe om meer betekenisvolle gesprekke met God te hê.

Koeke en terte
7 dae
Vir mense wat vir hulself kan lag. Susan Coetzer takel ernstige onderwerpe soos dat jy as vrou goed genoeg is, jy nie so hard op jouself moet wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy help jou om jouself en ander te leer waardeer.

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
7 Dae
Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.

1 Tessalonisense
15 Dae
“Het jy gehoor Jesus kom terug?” – dit is die herinnering in hierdie eerste brief aan die Tessalonisense, wat almal uitdaag om “nog meer uit te blink” in geloof, hoop en liefde. Reis daagliks deur 1 Tessalonisense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

21 Maniere Om te Floreer Teen 45 Jaar
21 Dae
Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.

Die Wonder Van Kersfees
25 Dae
Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.

'n Sprong van Vreugde
31 Dae
Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.