Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 TESSALONISENSE 4:4

Hoe om seks vir die huwelik te hou.
3 Dae
Wanneer iemand ons vra of ons in seks voor die huwelik glo, reageer ons met 'n “ja en nee”. Dit klink aanvanklik na 'n verwarrende antwoord, maar dit skep die geleentheid om 'n baie belangrike punt te maak. God bevestig ons seksualiteit as menslike wesens en ons kan nie skielik geslagloos word nie. As gevolg daarvan, glo ons in seksualiteit voor die huwelik. Ons volg hierdie stelling egter onmiddellik op deur te sê dat die seksdaad voor die huwelik teen God se beginsels is.

God en Romantiese Afsprake: Gedagtes oor Verhoudinge.
5 Dae
God haat nie romantiese afsprake nie, maar Hy het 'n mening oor verhoudings. Hy haat nie romantiese afspraak-toepassings nie, maar Hy wil hê jy moet wys wees hoe jy na liefde soek. Verken wat God dink oor die plekke waarheen jy gaan, met wie jy uitgaan, hoe jy jou gedra en wat jy op jou romantiese afsprake doen om seker te maak dat jy daarvoor gereed is en dit vir die regte redes doen, op 'n wyse wat God vereer en verheerlik.

Die Vrug Van Die Gees
6 dae
God se Heilige Gees ontwikkel en vertoon sy vrugte in ons wanneer ons ons lewens aan God gee. As ons Hom volg, begin Hy in en deur ons doen wat net Hy kan doen: ons soos Jesus maak. In hierdie leesplan gaan ons na elke aspek van die vrug van die Gees kyk asook hoe ons ons lewens kan lei, gelei deur Hom.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit
6 dae
Huwelike is onder geweldige druk. Baie mense skei en van die meeste redes is 'n onwilligheid om te vergewe. Die huwelik het 'n kontrak geword en word nie meer as 'n verbond voor God hanteer nie; God se riglyne word dus nie nagekom nie.

Sewe Eienskappe Van God
7 Dae
Hoe het God sy liefde of sy krag getoon? Die Jesus-Bybel wys die maniere waarop God met ons, sy skepsels, deur Jesus Christus in beide die Ou en Nuwe Testamente gekommunikeer het. Hierdie 7-dag leesplan werp lig op die eienskappe van God om jou begrip en verwondering van sy gawes te verdiep.

'n God Wat Getrou is
7 Dae
Hierdie leesplan gee voorbeelde van hoe God, regdeur die Bybel, aan sy geloftes getrou bly. Insigte en oordenkings kom uit die "Jesus Bible". Hierdie week sal jy deur die genade van God en die getrouheid van Jesus geïnspireer word om jou eie geloftes aan God na te kom.

1 Tessalonisense
15 Dae
“Het jy gehoor Jesus kom terug?” – dit is die herinnering in hierdie eerste brief aan die Tessalonisense, wat almal uitdaag om “nog meer uit te blink” in geloof, hoop en liefde. Reis daagliks deur 1 Tessalonisense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Rut
27 dae
As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit die oënskynlike klein gebeure in ons lewens gering ag nie. Alles word deur God gebruik ten goede vir dié wat Hom liefhet, vir Sy glorie en vir die redding van ander.