Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 TESSALONISENSE 4:3

Sewe Eienskappe Van God
7 Dae
Hoe het God sy liefde of sy krag getoon? Die Jesus-Bybel wys die maniere waarop God met ons, sy skepsels, deur Jesus Christus in beide die Ou en Nuwe Testamente gekommunikeer het. Hierdie 7-dag leesplan werp lig op die eienskappe van God om jou begrip en verwondering van sy gawes te verdiep.

'n God Wat Getrou is
7 Dae
Hierdie leesplan gee voorbeelde van hoe God, regdeur die Bybel, aan sy geloftes getrou bly. Insigte en oordenkings kom uit die "Jesus Bible". Hierdie week sal jy deur die genade van God en die getrouheid van Jesus geïnspireer word om jou eie geloftes aan God na te kom.

God se Ontwerp vir Seks
5 Dae
Geldhanteerders by die tesourie, leer om vervalste banknote te identifiseer deur die ingewikkelde patrone wat op die egte geldeenhede voorkom te bestudeer. Net so begin die begrip van die gebrokenheid van seksuele sonde by God se ontwerp vir opregte seksuele intimiteit. Die heiligheid van menslike seksualiteit oortref die liggaamlike daad. Dit weerspieël die heiligheid van God, sy verhouding in die Drie-eenheid en sy begeerte om jou liggaam, siel en verstand gelykvormig te maak aan die beeld van Christus.

1 Tessalonisense
15 Dae
“Het jy gehoor Jesus kom terug?” – dit is die herinnering in hierdie eerste brief aan die Tessalonisense, wat almal uitdaag om “nog meer uit te blink” in geloof, hoop en liefde. Reis daagliks deur 1 Tessalonisense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.