Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 TESSALONISENSE 4:17
Nege Algemene Leuens wat Christene Glo: Deel 3 van 3
3 Dae
Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel meer. Hierdie leesplan sal help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hierdie holrug geryde frases mag onskuldig voorkom, maar is eintlik skadelik vir jou geloof en laat hopeloos te veel gelowiges vassit in geestelike onvolwassenheid. Leer om hierdie leuens met die bybelse waarhede oor God te vervang om sodoende bemoediging en vryheid in jou lewe te bring.
Om met Hoop te Rou
5 Dae
Rou is 'n menslike ervaring en niemand is daarteen immuun nie. Ons rou wanneer iemand sterf of 'n droom verpletter word. Dit kan ons enige tyd tref en gebeur ook dikwels wanneer ons dit glad nie verwag nie. Ons gaan probeer om die rouproses te verstaan en leer hoe om die verskillende soorte waardeur ons gaan, te verwerk. Sluit by ons aan vir hierdie 5-dag leesplan wat jou sal help om jou eie rou op 'n gesonde manier deur te gaan.
Begin Weer
7 Dae
Nuwejaar. 'n Nuwe Dag. God het hierdie oorgange geskep om ons daaraan te herinner dat Hy die God van nuwe begin is. As God die wêreld kon skep deur slegs te praat, kan Hy beslis in die duisternis van jou lewe praat en vir jou 'n nuwe begin skep. Hou jy nie net daarvan om nuut te begin nie! Net soos hierdie leesplan. Geniet dit!
Die Krag van Hoop: Sewe Dae om op die Here te Hoop
7 Dae
Wêreldgebeure en persoonlike stryd kan jou moeg en angstig laat voel, maar niks is nuut vir God nie. Mense in Bybelse tye het dikwels dieselfde gevoel. Hierdie 7-dae leesplan van die topverkoper skrywer Jack Countryman fokus op sewe maniere waarop God vandag dieselfde hoop aan sy kinders gee as wat Hy ontelbare kere aan helde in die Bybel voorsien het.
Die wegraping
7 dae
Wat is die wegraping van die kerk? Watter Bybelgedeeltes vertel vir ons van die wegraping? Wat is die doel van die wegraping? Wie sal weggeraap word? Amir Tsarfati kyk na hierdie en ander vrae in dié 7-dag leesplan wat fokus op die kernvrae rondom die wegraping.
1 Tessalonisense
15 Dae
“Het jy gehoor Jesus kom terug?” – dit is die herinnering in hierdie eerste brief aan die Tessalonisense, wat almal uitdaag om “nog meer uit te blink” in geloof, hoop en liefde. Reis daagliks deur 1 Tessalonisense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Hoop Op God!
15 Dae
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.