Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 SAMUEL 16:6
Ongewone Raad
6 dae
Wat sou Dawid, Moses, Daniël, Petrus, Rut en Jesus vir Millenniërs en/of Generasie Z te sê hê? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan waarin ons ongewone raad vanuit welbekende Bybelstories gee.
Om op God te Wag
8 Dae
Wag jy vir God om jou gebede te beantwoord? Gaan die dae, maande en jare verby sonder enige bewys dat jou diepste verlangens ooit vervul sal word? Indien wel, is jy nie alleen hierin nie. Sluit by Dr. Charles Stanley aan wanneer hy sy persoonlike ervarings en Bybelse beginsels gebruik om aan jou bemoediging te bied wanneer dit voorkom of alle hoop verydel is. Hy wil jou leiding gee en help om God se uitstel periodes te benut.
Die Seën van die Alledaagse
10 Dae
Wat as die knaende gevoel dat jou geestelike lewe meer skouspelagtig moet wees, nie van die Heilige Gees af kom nie? Hierdie oordenking openbaar dat om vrede te vind wat jou verstand te bowe gaan, nie in groener weivelde is nie, maar in jou huidige lewe. Sluit die volgende tien dae by ons aan terwyl ons die seën vind in die wonderlike alledaagse, en leer om tevrede te wees daarmee.
Volg God se Hart
12 Dae
Om 'n kleingroep te lei, gaan daaroor om mense te lei om Jesus te volg, nie waar nie? Maar hoe lyk dit in die werklike lewe? Ons glo dit begin wanneer — jyself — Hom noukeurig volg. Die LifeGroups-span van Life.Church ontleed leierskapbeginsels in die lewe van Dawid, wat deur God self "'n man na My hart" genoem is. Begin vandag hierdie leesplan, en neem 'n reuse tree nader aan God se hart.
Leef 'n Lewe Wat God Eer
23 Dae
In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 en 3 van Petrus se brief.
Tel die dae af tot by Kersfees
29 Dae
Welkom by die Thriving Family se 28-dag Advent aktiwiteitskalender! Moenie die geleentheid misloop om die ware betekenis van Kersfees te verken en as 'n gesin nader aan mekaar te kom nie! Hierdie ouer-kind aktiwiteite is geskep om jou te help om hierdie Kersseisoen op Christus te fokus!