Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 PETRUS 2:20

Dade van Bekering
5 Dae
Bekering is een van die noodsaaklike aksies wat ons neem wanneer ons Christus aanneem as ons persoonlike Saligmaker. Bekering is óns aksie en vergifnis is die reaksie van God vanuit sy volmaakte liefde vir ons. Gedurende hierdie vyf-dag leesplan sal jy 'n daaglikse Skrifgedeelte ontvang, saam met 'n kort oordenking wat ontwerp is om jou beter te laat verstaan hoe belangrik jou wandel met God is. Vir meer inhoud, kyk by www.finds.life.church

Anders
5 Dae
Hierdie Life.Church leesplan is 'n studie van 1 Petrus wat pastoor Craig Groeschel se reeks, Different, vergesel. In hierdie wêreld sal jy worstel. Jy sal teenstand ondervind. Jy sal uitgedaag word. Daar is 'n rede daarvoor: hierdie wêreld is nie jou tuiste nie. Dus, beantwoord haat met liefde, vind vreugde te midde van beproewings, en maak staat op 'n krag buite jouself. Jy is bedoel om … anders te wees.

Krygsman
6 dae
Daar is iemand sterk, wild en vol moed in jou binneste wat gereed is om op te staan en te veg vir wat saak maak. Hierdie Life.Church leesplan, bykomend tot Pastoor Craig Groeschel se reeks, "Warrior", sal jou oproep om jou doel te vind, huiwering uit te daag, wonde te genees, verslawing te beveg en as 'n kampioen te seëvier.

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself
6 dae
Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat die Skrif hieroor sê.

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.

Leef 'n Lewe Wat God Eer
23 Dae
In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 en 3 van Petrus se brief.

Die Beter Leesplan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag-tot-dag lewe kan verbeter? Die Woord van God is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag leesplan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van om net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.