Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KORINTIËRS 1:18

Die boek 1 Korintiërs met Jennie Allen: ’n Video-Bybelstudie
5 dae
Christenskap vereis opoffering van ons. Ons moet kies tussen ’n lewe vir onsself of vir Christus. Paulus het hieroor geskryf aan mense wat selfgesentreerd geleef het. Hy herinner hulle daaraan om Jesus te volg. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media, neem Jennie Allen ons in die morsige lewens van die mense van Korinte en help ons om onsself vandag te onderskei van die wêreldse kultuur.

Vreemde Koninkryk - Ken Costa
7 dae
Kom saam met ons op `n reis na waar ons die betekenis van die kruis ondersoek en die onderstebo wêreld waarheen dit ons heen uitnooi in hierdie reeks van oordenkings en meditasies. My gebed is dat die legkaart m.b.t. die krag van die kruis jou sal intrek in `n nader verhouding met die opgestane Jesus. Lees meer in Vreemde Koninkryk en vind die geassosieerde speellyste op Spotify .

Moed Vir Elke Môre
7 Dae
Ons leef in ’n wêreld wat ons soms moedeloos maak, onkant vang en nie altyd maanskyn en rose is nie. Gelukkig het ons ’n getroue Vader wat elkeen van ons se spesifieke omstandighede ken en verstaan. Jy kan elke dag onthou dat Hy daar is om vir jou krag te gee vir moedelose en uitdagende dae.

'n Paasfees vol liefde
7 Dae
God is genadig. Daarom gryp Hy van die begin af in mense se lewens in. Sonder dat ons dit verdien, soek Hy ons op om ons te oorrompel met sy liefde en goedheid. Dit is presies waaroor die kruis van Jesus handel. Dit vertel in een woord alles oor sy liefde vir ons ten spyte van ons sondige keuses.

Om te Help Sonder om te Skaad: Die Bybel en die Armes
10 Dae
Die Bybel gee ons die opdrag om vir die armes en verdruktes te sorg. Kom verken die diepte van God se besorgdheid oor hulle, en hoe jy dalk sélf op hierdie roeping kan reageer. Elke dag sluit ’n ware verhaal of staaltjie, ’n Skrifgedeelte en oordenking, ’n uitdaging en ’n gebed in. Die oordenkings is geïnspireer deur, of aangepas uit Steve Corbett en Brian Fikkert se boek "When Helping Hurts: How to Alleviate Poverty Without Hurting the Poor ... and Yourself".

'n Goddelike Lewe
10 dae
'n Goddelike lewe voel soms onbereikbaar ver, maar deur die Woord daagliks te bestudeer word dit makliker. Hierdie 10-Dag leesplan is 'n hulpmiddel vir jou pad. 'n Pad wat nie net eenmaal geloop word nie maar daagliks gewandel moet word om jouself te bewapen vir die aanslae van die lewe, die kinkels en draaie en die onverwagte mooi oomblikke van genade.

In Die Sakewêreld Met God
12 Dae
Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebruik om op bonatuurlike wyse fisieke en geestelike armoede aan te raak en so die oorvloed van sy koninkryk na die aarde te bring.

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis
14 Dae
Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.

1 Korintiërs
24 dae
"Hoe moet 'n Christen lewe?" Is die onderwerp wat in die eerste brief aan die Korintiërs aangespreek word, en gee praktiese sorg en regstelling aan die kwessies wat jong Christene in die gesig staar. Reis daagliks deur 1 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.