YouVersion Logo
Search Icon

NG Universiteitsoord

EMOJI - WEEK 4

EMOJI - WEEK 4

Ek raai dat jy hierdie jaar met verskillende gevoelens en emosies begin. Miskien is jy verskriklik opgewonde oor die nuwe jaar, dis lekker om jou vriende weer te sien en vanjaar is dalk die begin van ’n droom waarna jy al lank uitsien. Dit kan ook wees dat jy ’n bietjie bekommerd is oor die jaar, selfs ’n bietjie stres oor jou klasse wat gaan begin. Of dalk is jy nuut in Pretoria en jy voel nou nogal alleen. Waarskynlik is jy ’n mengsel van emosies, tegelyk uitbundig en angstig; jy kan verwag om deur die loop van die jaar deur baie emosies te gaan ... Ons emosies is goed! Dit is belangrik om dinge te voel al is dit nie altyd lekker dinge nie. In hierdie eerste reeks vir die jaar gaan ons na ons emosies kyk – hulle nie ontken of probeer onderdruk nie – maar eerder erken en probeer verstaan. En ons gaan die Here in ons emosies innooi. Ons gaan vir Dawid, ons gids, deur ons eie emosies neem. Dawid, die groot koning van Israel, was ’n emosionele en selfs impulsiewe ou wie se lewe nogal deur sy emosies bepaal was. Dit het gemaak dat hy beide wonderlike dinge kon doen en voluit kon lewe, maar ook soms roekeloos was. Ons gaan uit sy suksesse en mislukkings in die Samuelboeke leer. Dawid is ook bekend vir die Psalms, gebede en liedere wat hy geskryf het. Hy het sy emosies baie mooi verwoord en baie eerlik met die Here daaroor gepraat. Ons gaan daarom ook iets by Dawid leer oor spiritualiteit – ons ervaring en saamleef met God. Die Bybel noem vir Dawid ’n “man na God se hart” (Handelinge 13:22) omdat hy so gemaklik met sy emosies voor die Here geleef het. Mag jy in hierdie reeks ontdek hoe lief die Here ook vir jou het!

Locations & Times

NG UNIVERSITEITSOORD

Duxbury Rd & Herold St, Hatfield, Pretoria, 0083, South Africa

Sunday 8:00 AM

Sunday 8:00 PM

hey

IN LOVE - WEEK 4

IN LOVE

“Net ’n bietjie liefde (verliefdheid) en enigeen word ’n digter.” So het Plato, die groot filosoof, al in die derde eeu voor Christus gesê. Verliefdheid het die vermoë om te “bedwelm”, sê Salomo eeue voor Plato al, en hulle was beide reg, want as verliefdheid nie “bedwelm” het nie, sou daar nooit liedjies soos “Loslappie” of “Baby Tjoklits” gewees het nie. Verliefdheid maak ook baie sterker staat op ’n mens se emosies as op jou intellek; daarom ry jy roller coaster soos wat jou gevoelens verander. Vandag is jy smoorverlief; more voel jy dalk anders oor die hele ding. Tog bly verliefdheid ’n wonderlike ding wat, soos ’n verkoue, nie net vir Dawid en Salomo getref het nie, maar wat elkeen van ons iewers in ons lewens gaan oorkom.
GROEIGROEPE

Deel met mekaar
1. Deel eers julle ‘lief en leed’ met mekaar.
2. Kyk gou op jou sosiale media: Watter emoji het jy die heel onlangste gebruik? Hoekom?
3. Wie van julle het al die in love emoji gebruik? Deel met die groep.

Bid saam
Vra iemand in die groep om vir julle te open met gebed. Vra dat die Here deur sy woord en julle saamdink met elkeen sal praat.

Lees, luister en gesels saam
… Lees die teksgedeeltes hardop saam.
… Laat elkeen die teksgedeeltes stil op hulle eie weer deurlees.
… Deel twee-twee met mekaar wat jy in die teks hoor, oplet, oor wonder ens.
… Deel met die groot groep wat jou gespreksgenoot in die teks gehoor het.
… Wat leer jy in hierdie gedeeltes oor God en jou geloof?

Vrae vir verdere gesprek
1. Dawid, die groot koning van Israel, was ’n emosionele en selfs impulsiewe mens wie se lewe dikwels deur sy emosies bepaal is. Stem jy saam hiermee? Hoekom sê jy so?
2. In die inleiding sê ek: “Verliefdheid het die vermoë om ’n mens te ‘bedwelm’.” Het jy dit dalk al gesien/beleef?
3. Hoe voel jy oor verliefdheid as ’n emosie? Dink jy dit is goed om verlief te wees?
4. Hooglied praat baie eksplisiet oor die liggaamlike liefde tussen ’n man en vrou. Dink jy so ’n boek hoort in die Bybel? Hoekom sê jy so?
5. Dink jy daar is ’n verskil tussen liefde en verliefdheid as dit by verhoudings kom? Watter een van die twee is die belangrikste, of dink jy altwee is dalk ewe belangrike emosies?

Week 4
Uitdaging vir die week
“Net ’n bietjie liefde en enigeen word ’n digter,” sê Plato. Skryf hierdie week ’n liefdesgedig vir/oor iemand vir wie jy lief is of dalk ’n geheime crush op het. Jy hoef dit nie vir hulle te gee nie.

Afsluiting
Laat iemand in die groep dan vir julle afsluit met gebed. Dank die Here vir die gawe van liefde en die wonderlike emosie van verliefdheid.

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy