“Jy is mooi, my liefling, jy is mooi, jou oë is duiwe agter jou sluier. Jou hare is soos 'n trop bokke wat teen die Gileadberge afkom. Jou tande is so wit soos 'n ry pasgeskeerde skape wat nou net skoon gewas is, elkeen met 'n tweeling, nie een sonder 'n lam nie. Jou lippe is soos skarlakenrooi lint, jou mond bekoor my. Die versiersels op jou voorkop is soos granaatpitte agter jou sluier. Dié aan jou nek is soos die Dawidstoring wat uit rye klip gebou is; aan hom hang duisend skilde, al die skilde van die helde. Jou twee borste is soos takboklammers, soos die tweeling van 'n ribbok wat tussen die lelies wei. Wanneer die aandwind begin waai en die skaduwees lank word, wil ek na my mirreberg, my wierookheuwel, toe gaan. Alles aan jou is mooi, my liefling, aan jou is niks verkeerd nie.
Read HOOGLIED 4
Share
Compare All Versions: HOOGLIED 4:1-7
Save verses, read offline, watch teaching clips, and more!
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos