YouVersion Logo
Search Icon

EFESIËRS 4

4
Die eenheid van die gemeente
1Ek doen dus ’n beroep op julle, ek wat ’n gevangene in diens van die Here is: Leef ’n lewe wat pas by die waardigheid van die roeping waarmee julle geroep is. 2Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld moet julle mekaar in liefde verdra. 3Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle julle daarop toelê om die eenheidsband te bewaar wat die Gees bewerk het#4:3 Grondteks van die Gees..
4Daar is net één liggaam en één Gees, net soos julle net één toekomsverwagting het op grond van julle roeping –
5één Here, één geloof,
één doop, 6één God,
ons almal se Vader;
Hy heers oor almal,
werk deur almal
en woon in almal.
7Maar aan elkeen van ons afsonderlik is volgens Christus se vrygewigheid ’n genadegawe gegee. 8Daarom sê die Skrif#4:8a Grondteks hy.:
“Toe Hy in die hoogte opgevaar het,
het Hy krygsgevangenes meegevoer
en geskenke aan die mense gegee.”#4:8b Vgl Ps 68:19.
9Wat beteken “Hy het opgevaar” anders as dat Hy eers vooraf moes neergedaal het na dit wat laer is, naamlik na die aarde toe? 10Dieselfde Persoon wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het tot ver bo die wolke- en sterrehemel#4:10a Grondteks ver bo die hemele. sodat Hy die heelal#4:10b Of alles. met sy teenwoordigheid kan vul.
11Hý het sommige as apostels gegee, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars, 12om God se mense#4:12 Grondteks die heiliges. toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou. 13So sal ons uiteindelik almal deur geloof en deurdat ons die Seun van God ken, ’n eenheid vorm, ’n volmaakte mens, wat aan die standaard van Christus se volmaaktheid voldoen. 14Dan, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig#4:14 Grondteks elke wind van leerstelling. nie. 15Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly#4:15a Grondteks terwyl ons die waarheid praat in liefde. en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees#4:15b Grondteks groei na Hom toe.. Dit werk so: Christus is die Hoof.
16Onder leiding van die Hoof#4:16 Of Uit die Hoof. is die liggaam goed aanmekaargesit. Al die ondersteunende ligamente hou die liggaam bymekaar. Elke liggaamsdeel vervul sy bestemde funksie, en so, deur liefde te bewys, bou die liggaam homself op.
Lééf die nuwe lewe
17Daarom sê ek met God se gesag#4:17 Of Dit sê ek en roep die Here as getuie.: Moenie langer soos nie-Christene lewe nie. Wat hulle uitdink, is niksseggend; 18hulle verstand is verduister. Omdat hulle onkundig is en onwillig is om tot bekering te kom#4:18 Grondteks deur hulle hardheid van hart., ken hulle nie die lewe wat God gee nie. 19Omdat hulle nie omgee vir wat reg of verkeerd is nie, gee hulle hulleself oor aan losbandigheid, en beoefen so gretiglik elke vorm van onreinheid.
20Maar dis nie hoe julle Christus leer ken het nie! 21Julle het tog van Hom gehoor. Julle het tog aangaande Hom#4:21 Grondteks in Hom. onderrig ontvang volgens die waarheid wat daar by Jesus is. Julle het tog in julle eenheidsband met Jesus die waarheid geleer, 22naamlik dat julle, wat julle vroeëre leefstyl betref, die ou, sondige mens soos vuil klere moet uittrek#4:22 Grondteks die ou mens moet aflê.. Bedrieglike begeertes laat hierdie mens te gronde gaan. 23Julle moet op ’n nuwe, geestelike manier leer dink. 24Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan#4:24 Grondteks trek die nuwe mens aan., die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is.
25Daarom moet julle die leuen aflê en die waarheid teenoor mekaar praat. Ons is tog lede van dieselfde liggaam.#4:25 Grondteks Want ons is mekaar se lede. 26Moenie sondig as jy kwaad word nie. Moenie tot die aand toe kwaad bly,#4:26 Grondteks Laat die son nie ondergaan op jou woede nie. 27en die duiwel so ’n houvas gee nie. 28Die dief moet ophou steel en eerder hard werk. Hy moet sy eie hande vir eerlike#4:28 Grondteks goeie. werk gebruik sodat hy iets kan hê om met mense in nood te deel. 29Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. 30Ja, moenie God se Heilige Gees hartseer maak nie. In julle eenheidsband met die Heilige Gees lê julle waarborg dat julle God se verlossingsdag sal belewe.#4:30 Grondteks In Hom is julle verseël vir ’n dag van verlossing.
31Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek. 32Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.

Currently Selected:

EFESIËRS 4: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy