YouVersion Logo
Search Icon

2 KORINTIËRS 3

3
1Begin ons nou al weer om onsself aan te beveel? Of benodig ons dalk, soos sommige mense, getuigskrifte aan julle of van julle? 2Julle is tog self ons brief, geskryf op ons#3:2 Sommige manuskripte julle. harte, bekend aan en gelees deur alle mense. 3Julle toon duidelik dat julle ’n brief van Christus is, deur ons diens voorberei en geskryf, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op kliptafels nie, maar op die tafels van menseharte.
4Dít is die vertroue wat ons op God stel, deur die bemiddeling van Christus. 5Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God, 6wat ons bekwaam gemaak het om as bedienaars van die nuwe verbond op te tree, nie met die wet as inhoud nie, maar met die Gees as inhoud. Want die letter maak dood, maar die Gees maak lewend.
Die bediening van die nuwe verbond deur die Gees is heerlik
7As die bediening wat tot die dood lei, en wat met letters in klip gegraveer is, soveel heerlikheid gehad het – al sou dit gou weer verdwyn – dat die kinders van Israel as gevolg van die glans op Moses se gesig nie daarna kon bly kyk nie, 8hoeveel groter sal die heerlikheid van die bediening deur die Gees dan nie wees nie? 9As die bediening wat oordeel meebring, dan met heerlikheid gepaardgaan, soveel te meer oortref die bediening van die vryspraak dit in heerlikheid. 10Want wat vroeër verheerlik was, verdof totaal wanneer dit vergelyk word met die allesoortreffende huidige heerlikheid.
11As die bediening van die ou verbond wat eintlik net tydelik was, gestraal het van heerlikheid, hoeveel meer sal die altyd blywende bediening van die nuwe verbond nie skitter van heerlikheid nie!
12Terwyl ons só ’n verwagting koester, doen ons ons werk met groot vrymoedigheid. 13Ons is ook nie soos Moses wat sy gesig versluier het om te verhinder dat die volk Israel sou sien dat die ligglans net tydelik was nie. 14Hulle denke het verhard geraak. Tot vandag toe is hulle gedagtes versluier as hulle die Ou Testament lees. Daardie sluier word net eenvoudig nie verwyder nie omdat dit net Christus is wat dit geheel en al vernietig.
15Tot vandag toe nog, elke keer as Moses voorgelees word, lê daar ’n sluier oor hulle harte.
16Elke keer as iemand hom na die Here toe draai, verwyder Hy die sluier.#3:16 Eks 34:34. 17Die “Here” dui hier op “die Gees” en waar die Gees van die Here is, heers daar vryheid.
18Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ’n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee.

Currently Selected:

2 KORINTIËRS 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy