Leesplan inligting

Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Angs SêVoorbeeld

7 Things The Bible Says About Anxiety

DAG 1 VAN 7


Angs kan in baie vorms in ons lewens inkruip, of dit nou as gevolg van finansiële probleme, 'n gespanne verhouding of 'n oorweldigende werkslading is. Dit kan net 'n algemene gevoel van onrus deur die dag wees, 'n rustelose nag sonder slaap of 'n volwaardige angs aanval.


As jy 'n Christen is wat angs probeer hanteer, is skuld dalk een van die eerste dinge wat jy voel. "Behoort ek so te voel as ek werklik 'n Christen is?" is 'n gedagte wat dikwels by jou opkom. In vandag se Skrifgedeelte sê die skrywer van Psalms 55:23 vir ons om ons sorge aan die Here te gee, want Hy sal vir ons sorg.


Let op dat die vers nie sê ons moet alreeds die lewe uitgepluis hê nie. Dit sê ook nie ons sal nooit angs ervaar nie. Inteendeel, dit sê wanneer ons laste het moet ons dit vir die Here gee.


Die goeie nuus is egter: jy is reeds op pad om dit doen! Deur hierdie leesplan te lees, erken jy reeds dat jy nie jou angs op jou eie kan hanteer nie, maar eerder die hulp van jou hemelse Vader nodig het. Ongeag in watter omstandighede jy jou bevind, dit is 'n ideale plek om te wees — om na God toe te hardloop.


My uitdaging vir jou vandag is: Neem nog een stap in die rigting waar jy jou laste vir die Here gee. Hier is nog 'n paar idees:


  • Bring vandag vyf minute in gebed deur en vertel vir God wat jou angstig maak.

  • Maak notas oor hoe jy voel en hoe dit jou affekteer.

  • Gesels met 'n betroubare Christenvriend of -vriendin oor jou angs.
     

Jordan Wiseman
YouVersion Mediastrateeg


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

7 Things The Bible Says About Anxiety

Elke dag het die potensiaal om komplekse nuwe uitdagings in ons lewens te bring. Dit is egter ewe waarskynlik dat elke nuwe dag vir ons opwindende nuwe geleenthede kan skenk. In hierdie 7-dag leesplan, help YouVersion pe...

More

Hierdie leesplan is geskryf en verskaf deur die YouVersion span. Besoek youversion.com vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid