Leesplan inligting

Infinitum Advent Aanskou Skoonheid, Week 1Voorbeeld

Infinitum Advent Behold Beauty, Week 1

DAG 1 VAN 5




Die beliggaming van skoonheid Homself het in die wêreld gekom. Die Skepper van alles wat mooi is, het in die vlees verskyn. En tog —“het die wêreld Hom nie erken het nie?” Hoe is dit moontlik?


Miskien kon die wêreld Jesus nie erken nie omdat Hy so anders gekom het as hoe hulle verwag het dat 'n Messias sou verskyn.


In plaas daarvan om met 'n uitgerolde rooi tapyt te kom, is Hy aan nederige herders aangekondig.
In plaas daarvan om soos 'n magtige Hercules te kom, het Hy as 'n hulpelose mensekind gekom.
In plaas daarvan om met 'n leër van krygers te kom, het Hy met 'n aankondiging van singende engele gekom.


Net soos die verwagtinge van wie Jesus veronderstel was om te wees, het ons dikwels sekere verwagtinge en vooropgestelde idees oor wat skoonheid is. Ons vermoë om skoonheid waar te neem, hang egter baie af van ons benadering.


John O'Donohue verwoord hierdie proses so goed in sy boek "Beauty: The Invisible Embrace":


“Wanneer ons met eerbied nader tree, besluit groot dinge om ons te nader. Ons werklike lewe kom na die oppervlak en sy lig wek die verborge skoonheid in dinge. Wanneer ons met eerbied op die aarde wandel, sal skoonheid besluit om ons te vertrou. Die gejaagde hart en arrogante verstand het nie die sagmoedigheid en geduld om daardie toenadering te betree nie.” (vrye vertaling)― John O'Donohue, Beauty: The Invisible Embrace

Wanneer ons met 'n "gejaagde hart en arrogante verstand" leef, sukkel ons om skoonheid se omhelsing te betree. Ons is dikwels so haastig dat ons nie genoeg tyd kan afstaan om haar te aanskou nie. Of het sekere verwagtinge van wat sy behoort te wees. In hierdie opsig probeer ons skoonheid beheer om te word wat ons wil hê sy moet wees.


Ons verwag dikwels dat skoonheid sal vertoon soos lewendige, stralende sterre of kleurvolle sonsondergange vol rooi en goud. En soms doen sy dit. Soms verskyn skoonheid egter in ons midde in baie gewone, alledaagse oomblikke. En vra sy ons om haar daar te aanskou.


In die eenvoudige uitnodiging van 'n kind om te speel.
In die vriendelike glimlag van 'n vreemdeling.
In die vergewensgesinde woord van 'n vriend.


Om skoonheid te aanskou vereis oorgawe. Ons kan Jesus, die pragtige Een, ontvang wanneer ons ons verwagtinge, beheer en agenda laat vaar van hoe Hy sal lyk en hoe Hy in ons midde sal verskyn.


Hierdie week sal ons oorgawe beoefen deur die wêreld met eerbied, openheid en nuuskierigheid te benader sodat ons die skoonheid van God wat in gewone, tasbare uitdrukkings om ons geopenbaar word, kan waarneem.


Hoe kan dit wees om hierdie week "met eerbied op die aarde te wandel" om God se teenwoordigheid in skoonheid geopenbaar te sien?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Advent Behold Beauty, Week 1

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word de...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus:: http://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid