Leesplan inligting

'n Leefstyl van VergifnisVoorbeeld

A Lifestyle of Forgiveness

DAG 1 VAN 5

Alledaagse Irritasies



Elke dag is daar baie geleenthede om geïrriteerd of kwaad te raak, om iemand terug te kry of 'n wrok te koester. Dis so maklik om aanstoot te neem, is dit nie? So dikwels is dit die klein dingetjies wat ons ontstel. Die Bybel sê: “Vang vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat al bot” (‭‭Hooglied‬ ‭2:15). 



Ons leef in 'n samelewing wat vinnig is om te verwyt, vinnig is om kwaad te raak of aanstoot te neem en vinnig om te kla oor die dinge wat ons pla. Dit is egter die teenoorgestelde van hoe God wil hê ons moet leef. 



Hier is 'n voorbeeld: Ek het eendag my man se motor vir herstelwerk geneem en toe ek gaan betaal, staan een van die handelaar se werknemers voor my in die tou en gesels met die kassier. 



Toe dit my beurt was, het ek amper uitgebars van die lag vir die uitdrukking op die kassier se gesig. Sy het my vies met opgetrekte wenkbroue aangegluur. 



Ek groet haar toe vriendelik terwyl ek my dokumente aan haar oorhandig. Haar reaksie was deur oor haar gesig te vee en blaasgeluide met haar mond te maak asof sy wil ontslae raak van 'n lastige kewer.



Dus, vra ek haar toe: ”Is alles reg?” 



Terwyl sy agter haar mede-werknemer aangluur, sê sy: ”Haar parfuum is net té sterk! Dit kry my onder.” Haar hele lyftaal en houding het gesê: ”Hoe durf sy daardie parfuum dra”. Sy het erg aanstoot geneem. 



Ek moes myself keer om nie uit te bars van die lag nie, maar het gedink: “Dis so maklik om aanstoot te neem, is dit nie? Selfs oor klein dingetjies!” Ek het jammer gevoel dat dit haar so erg ontstel het en gewonder of sy gaan toelaat dat die gebeurtenis haar hele dag ontstel. 



Dit gebeur somtyds, nie waar nie? Met opset of nie, ontstel iemand ons, selfs in 'n geringe mate en ons laat toe dat dit ons omkrap en ons hele dag ontstel.



Wat as ons dit tog kon regkry om vinnig en maklik te vergewe asof ons nie eens sulke goed raaksien nie, in plaas daarvan om seker te maak dat almal van ons ontsteltenis kennis neem? 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

A Lifestyle of Forgiveness

Daar het al baie groot en pynlike dinge met ons almal gebeur — en vergifnis is die sleutel om van hierdie seer uit die verlede bevry te word. Wat as ons egter daarna strewe om 'n leefstyl van vergifnis te lei — waar niks...

More

Baie dankie aan Karen Jensen Salisbury wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://karenjensen.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid