Leesplan inligting

Sewe Tekens van Wandel in die Heilige GeesVoorbeeld

7 Signs of Walking in the Holy Spirit

DAG 1 VAN 10

Alle Christene het 'n verhouding met die Heilige Gees, maar nie alle Christene het intimiteit met Hom nie. Daar is 'n verskil tussen 'n verhouding en intimiteit. Ons het 'n verhouding met vriende en familie, maar intimiteit net met ons huweliksmaats. 'n Verhouding met die Heilige Gees ontstaan deur verlossing. Intimiteit daarenteen, ontstaan deur ons lewens aan die Heilige Gees oor te gee. 



In die Bybel, in 1 Samuel 11, word die eerste oorwinning beskryf wat die onlangs gesalfde koning Saul behaal het. Dit wys hoe dapper Saul was toe die salwing van die Heilige Gees op hom was. 'n Israelitiese stad is aangeval en het 'n boodskap aan die ander Israelitiese stede om hulp gestuur. Saul was vervul met die Heilige Gees en in ywerige woede het hy sy osse in stukke gekap en gesê enige Israeliet wat nie saam met hom gaan veg nie, se osse sal net so opgekap word. Die vrees van God, nie vir Saul nie, het oor die mense gekom en hulle het soos een man opgetrek (vers7b).  



Onder die salwing van die Heilige Gees het Saul nie 'n verbond met die vyand gemaak nie; maar 'n paar jaar later nadat hy die salwing verloor het, het hy tot die voorwaardes van die reus, Goliat, ingestem. 



Aan die begin van Saul se koningskap het hy nie op homself staatgemaak nie, maar heeltemal op die Heilige Gees vertrou. 'n Bewys hiervan was toe die israeliete hom as koning wou kroon en hy agter die sakke weggekruip het. Dit was duidelik dat Saul onwaardig gevoel het en moes na God om hulp gekyk het eerder as na homself of na ander. 



Met die verloop van tyd het Saul egter trots geword en al hoe meer op homself staatgemaak. Hy was al hoe meer besorgd oor wat ander oor hom dink of sê, eerder as oor wat God van hom dink of sê. As gevolg hiervan, het Saul sy salwing verloor. 



Toe die salwing van die Gees uit sy lewe verwyder is, het hy 'n lafaard geword in plaas daarvan om die vyand vreesloos aan te val. In plaas daarvan om teen die vyand te veg, het hy met die vyand begin saamstem. 



Kom ons bid saam. 



Heilige Gees, vervang die bitterheid in my met die soetheid van u genade.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

7 Signs of Walking in the Holy Spirit

Alle Christene het 'n verhouding met die Heilige Gees, maar nie alle Christene het intimiteit met Hom nie. Daar is 'n verskil tussen 'n verhouding en intimiteit. 'n Verhouding met die Heilige Gees ontstaan gedurende verl...

More

Ons wil graag dankie sê vir Vladimir Savchuk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid