Leesplan inligting

Gebed: 'n 14-dag leesplan deur Tim KellerVoorbeeld

Prayer: A 14-Day Devotional by Tim Keller

DAG 1 VAN 14

Hoe leer ons eintlik hoe om te bid?



Nadat ek suksesvol behandel is vir skildklierkanker het ek vier praktiese veranderinge gemaak in my persoonlike stiltetyd met God. Eerstens het ek 'n paar maande geneem om deur die Psalms te werk en 'n opsomming van elkeen te maak. Dit het my in staat gestel om gereeld deur die Psalms te bid en sodoende 'n paar keer per jaar daardeur te werk. Die tweede ding wat ek gedoen het was om tyd te maak vir meditasie wat dien as 'n oorgangsdissipline tussen die tyd wat ek Bybellees en bid. Derdens het ek daaraan gewerk om in die oggend en aand te bid eerder as net in die oggend. Vierdens het ek begin bid met 'n groter verwagting.



Die veranderinge het 'n geruime tyd geneem om vrugte te dra, maar nadat ek hierdie praktyke vir ongeveer twee jaar volgehou het, het ek 'n paar deurbrake begin beleef. Ten spyte van hoogte- en laagte punte sedertdien, het ek nuwe soetheid in Christus en ook nuwe bitterheid gevind, want ek kon nou my hart duideliker sien in die nuwe lig van noodsaaklike gebed. Met ander woorde, daar was meer rustige ervarings van liefde sowel as meer worsteling om te sien hoe God oor die bose triomfeer, beide in my eie hart en in die wêreld. Hierdie twee belewenisse van gebed het gegroei soos 'n tweelingboom en ek glo nou dat dit is hoe dit moet wees. Die een stimuleer die ander. Die gevolg was 'n geestelike lewenskragtigheid wat hierdie Christelike leraar, deur al my prediking, nog nie voorheen beleef het nie.



Gebed is die enigste weg na ware selfkennis. Dit is ook dié manier hoe ons diep verandering kan beleef — die herrangskikking van ons liefdes. Deur gebed kry ons soveel van die ondenkbare dinge wat God vir ons het. Gebed maak dit inderdaad veilig vir God om vir ons baie van die dinge te gee wat ons die meeste begeer. Dit is die manier waarop ons God ken, die manier waarop ons God uiteindelik as God behandel. Gebed is eenvoudig die sleutel tot alles wat ons in die lewe moet doen en wees. Ons moet leer om te bid. Ons móét.



Geneem uit gebed deur Timothy Keller.

Herdruk met vergunning van Dutton, 'n lid van Penguin Group (USA) LLC, 'n Penguin Random House Maatskappy. Kopiereg © 2014 deur Timothy Keller
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Prayer: A 14-Day Devotional by Tim Keller

New York Times se topverkoper-skrywer en bekende pastoor Timothy Keller ondersoek die krag van gebed, en hoe lesers gebede meer persoonlik en kragtiger kan maak, deur 'n dieper verbintenis met God te smee.

Baie dankie aan Dutton, 'n lid van Penguin Random House, vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TimothyKeller.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid