2 Korintiërs 5:16-21

2 Korintiërs 5:16-21 CAB23

Daarom ken ons van nou af niemand na die vlees nie; ja, al het ons Christus na die vlees geken, ken ons Hom tog nou nie meer nie. Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel: die ou dinge het verbygegaan; kyk, alles het nuut geword. En alles is van God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en aan ons die bediening van die versoening gegee het; Dit wil sê dat God in Christus was wat die wêreld met Homself versoen het en hulle hulle oortredinge nie toereken nie; en die woord van versoening aan ons toevertrou. Nou dan is ons gesante van Christus, asof God julle deur ons smeek; ons bid julle in Christus se plek, laat julle met God versoen. Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak; sodat ons die geregtigheid van God in Hom gemaak kan word.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid