Jona 3

3
Waarskuwing van Jona aan Nineve
1 Die woord van die Here het die tweede keer tot Jona gekom: 2 “Staan op, gaan na Nineve, die groot stad, en verkondig aan die stad die boodskap wat Ek aan jou opdra.”
3Jona het toe opgestaan en na Nineve gegaan soos die Here hom beveel het. Nineve was 'n uitsonderlike groot stad: drie dae se loop van kant tot kant.
4Jona het begin om die stad binne te gaan, 'n dag se loop ver. Hy het uitgeroep: “Nog net veertig dae, dan word Nineve verwoes!”
5 Die mense van Nineve het toe in God geglo en 'n vasdag uitgeroep, en hulle het almal, belangrik en onbelangrik, rouklere aangetrek.
6 Toe die berig die koning van Nineve bereik, het hy van sy troon af opgestaan, sy koningsmantel afgegooi, 'n roukleed omgehang en in die stof gaan sit.
7 Hy het in Nineve laat afkondig: “Op las van die koning en sy belangrike amptenare: Niemand mag aan enigiets proe nie – nie mens of dier, beeste of kleinvee nie. Hulle mag nie eet of water drink nie. 8 Mens en dier moet met 'n roukleed bedek wees. Die mense moet God ernstig aanroep en elkeen moet hom bekeer van sy slegte gedrag en van die geweld wat aan sy hande kleef. 9 Wie weet, dalk draai God terug en het Hy berou; dalk draai Hy om, weg van sy brandende toorn, sodat ons nie vergaan nie.”
10 God het gesien wat hulle doen, dat hulle teruggedraai het van hulle verkeerde pad. God was jammer dat Hy gesê het Hy gaan 'n ramp oor hulle bring, en Hy het dit toe nie uitgevoer nie.

Tans Gekies:

Jona 3: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid