YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 182 OF 365

Die 1983-vertaling vertaal besonder goed: “Skinderstories word gretig verslind; mense sluk dit so maklik.” (herhaal in Spreuke 26:22).

Die interessante agtergrond hieroor is die idee in daardie tyd dat die maag – metafories gesproke – gedagtes opberg. Die antieke Egipte wysheid was dat gedagtes as’t ware in die maag opgegaar word totdat jy besluit watter van die gedagtes die moeite werd is om “op te bring.”

Die gedagtes lê waarskynlik ook agter die spreuk wat beskryf hoe lekker dit is as jy wyshede inneem en enige tyd kan weergee (Spreuke 22:18). Elifas, een van die vriende van Job, verwys ook moontlik hierna deur spottenderwys na Job te verwys as iemand wat net onsin praat, en daarom “vol wind” is (Job 15:2).

Job val egter nie vir dié valse perspektief nie, en wys later dat sy gedagtes in hom “gis” soos wyn wat nog nie klaar is nie (Job 32:18-19). Elifas word aan die einde van die boek tereggewys deur God en Job uitgewys as die een wat reg gepraat het oor God (Job 42:7).

Scripture

Day 181Day 183

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More