1
Genesis 1:26-27
Die Boodskap
Toe het God gesê: “Kom Ons maak ’n mens, ’n mens wat iets van My in hom het en selfs ’n bietjie soos Ek lyk. Hy sal oor die visse in die see regeer asook oor die voëls in die hemel. Hy sal die klein- en grootvee asook al die wilde diere tem. Hy sal oor al die kruipende diere op die aarde heers.” God het toe die mens gemaak. En dié mens het iets van God in hom gehad. Dié mens het soos God gelyk. God het ’n man en ’n vrou gemaak.
Bandingkan
Selidiki Genesis 1:26-27
2
Genesis 1:28
God het hulle toe geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en kry baie kinders, so baie dat julle oral oor die aarde sal bly. Tem die aarde en heers daaroor. Heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en al die diere op die aarde.”
Selidiki Genesis 1:28
3
Genesis 1:1
In die begin van alle tyd het God die hemel en die aarde gemaak.
Selidiki Genesis 1:1
4
Genesis 1:2
Voor die skepping was alles eensaam en verlate. ’n Angswekkende donkerte het oor die bodemlose dieptes gehang. En ’n ongelooflike sterk wind het heeltyd oor die waters gewaai.
Selidiki Genesis 1:2
5
Genesis 1:3
God was egter daar en Hy het gesê: “Laat daar lig wees.”
Selidiki Genesis 1:3
6
Genesis 1:31
God het alles wat Hy gemaak het, goed bekyk en Hy was baie tevrede daarmee. Dit het toe nag geword en weer dag. Dit was die sesde dag van die skepping.
Selidiki Genesis 1:31
7
Genesis 1:4
Skielik was daar oral lig. God was baie tevrede met die lig wat Hy gemaak het. Hy het dit apart van die donkerte gehou.
Selidiki Genesis 1:4
8
Genesis 1:29
God het verder gesê: “Kyk, Ek gee jou elke plant wat saad dra asook elke vrugteboom op aarde as jou kos.
Selidiki Genesis 1:29
9
Genesis 1:5
God het die lig “dag” genoem en die donkerte “nag”. Dit het toe nag geword en weer dag. Dit was die eerste dag van die skepping.
Selidiki Genesis 1:5
10
Genesis 1:6
God het weer gepraat: “Laat daar ’n soliede massa in die middel van al die waters kom, sodat daar ’n duidelike skeiding tussen die waters sal wees.” En dit het gebeur.
Selidiki Genesis 1:6
11
Genesis 1:30
En vir al die diere op die land, al die voëls in die lug en al die diere wat op die aarde kruip, gee Ek die groen plante. Dit sal hulle kos wees.” En dit was so.
Selidiki Genesis 1:30
12
Genesis 1:14
God het gesê: “Laat daar ligte in die hemelruim wees sodat mense kan weet wanneer dit dag en wanneer dit nag is. Laat die ligte die mense help om die regte tyd te bepaal.
Selidiki Genesis 1:14
13
Genesis 1:11
God het weer gepraat en gesê: “Laat die aarde sy groeikrag wys en laat daar oral welige groen plante uitkom; verskillende plante met hulle sade. Laat daar oor die hele aarde verskillende soorte vrugtebome wees.” En alles het presies so gebeur.
Selidiki Genesis 1:11
14
Genesis 1:7
God het toe hierdie soliede struktuur gemaak. Dit het die ontsaglike massas waters onder en bo die aarde uitmekaargehou.
Selidiki Genesis 1:7
15
Genesis 1:12
Uit die vrugbare aarde het daar oral welige groen plante opgekom, alle denkbare soorte plante. En binne-in elke plant was elkeen se saad. Daar was ook oral vrugtebome. God was baie tevrede met wat Hy rondom Hom gesien het.
Selidiki Genesis 1:12
16
Genesis 1:16
God het twee groot ligte gemaak. Die ou grote, die son, moes oor die dag heers. En die kleintjie, die maan, oor die nag en die sterre.
Selidiki Genesis 1:16
17
Genesis 1:9-10
God het verder gegaan en gesê: “Laat al die water onder die hemelruim op een plek bymekaarkom sodat daar ook droë land sal wees.” En dit was so. God het die droë land “aarde” genoem en die plek waar al die water bymekaargekom het, “see”. God het gesien dat dit wat Hy geskep het, goed was.
Selidiki Genesis 1:9-10
18
Genesis 1:22
God het hulle geseën en gesê: “Wees vrugbaar en word baie. Maak nou die water van die see vol met allerhande soorte seediere. En laat die hemelruim en die aarde vol swerms voëls wees.”
Selidiki Genesis 1:22
19
Genesis 1:24
God het gesê: “Laat die aarde verskillende soorte diere oplewer: alle soorte klein- en grootvee, kruipende dinge en wilde diere.” En dit was so.
Selidiki Genesis 1:24
20
Genesis 1:20
God het gesê: “Laat die waters wemel van alle soorte seediere en laat die voëls oor die lengte en die breedte van die hemelruim rondvlieg.”
Selidiki Genesis 1:20
21
Genesis 1:25
God het toe al die verskillende soorte wilde diere gemaak asook alle soorte klein- en grootvee en al die kruipende dinge op aarde. En God was baie tevrede met die diere wat Hy gemaak het.
Selidiki Genesis 1:25
Halaman Utama
Alkitab
Pelan
Video