YouVersion Logo
Search Icon

NG Kerk Middelburg-Suid

Huiskerk 5 April 2020

Huiskerk 5 April 2020

Die NUWE "normaal"

Locations & Times

Jou huis

Sunday 6:00 AM

hey
Vra iemand in die gesin om hierdie gebed vir julle voor te lees:
O God U is die enigste ware Lewe!
Om U te ken, is die lewe;
Om U te dien, is ware vryheid;
Om U te geniet, maak my ‘n koning;
Om U te loof is die diepste vreugde van my hart.
Ek roem en loof en aanbid en vereerU!
Ek vra U in alle nederigheid om in my te regeer.
Maak van my hart ‘n waardige tempel
Waarin u heerlikheid, U majesteit kan woon
~Augustinus van Hippo (5e eeu)~
hey

Gebruik gerus die onderstaande links en loof die Here

Lofprysing

Prys die Here en sing sommer saam met die musiek.Halleluja in my hart - Retief Burger

https://youtu.be/8lN1wpZB8ME

Lofprysing

Sing - Retief Burger

https://youtu.be/bTRZsiLTVII

Lofprysing

Reformasielied – Stefaans Burden:

https://youtu.be/v8hQLUA_-9U
GELOOFSBELYDENIS

Laat iemand die volgende geloofsbelydenis vir julle voorlees:

Ek glo dat God my met Sy liefdevolle stem gemaak het
Ek glo dat Jesus Christus as mens aarde toe gekom het,
dat Hy verwerp is deur Sy eie mense,
dat Hy deur ’n heidense, aardse regter, onskuldig bevind is,
dat Hy steeds verneder en aan die kruis gespyker is ter wille van
my sonde
Ek glo dat Jesus Christus die dood oorwin het,
dat Hy opgestaan het,
dat Hy ’n lewende God is en
dat Hy vir my plek maak in God se ewige teenwoordigheid.
Ek glo Sy belofte dat Hy op die regte tyd, my en elkeen wat saam met my
glo, sal kom haal om vir altyd saam met Hom te wees.
Ek glo dat die Heilige Gees elke oomblik by my is,
dat die Gees my vertroos en raad gee.
Ek glo dat die Kerk ’n instelling van God is, met Hom as hoof,
dat God medegelowiges aan mekaar gee om te versterk, te
versorg en lief te hê
Amen
hey

Skriflesing vir vandag

EFESIËRS 4:22-24

TITUS 3:5

Boodskap

Ds. Hardus van Niekerk praat oor "Die NUWE normaal"

https://youtu.be/fVczRDRjb6o
hey

Dink nou oor die volgende

Dink oor die volgende na.
Dalk neem dit 'n paar dae, dan is dit ook goed:

Skryf hier onder neer watter dinge in jou lewe wil jy agterlaat of verander. Skryf ook neer hoe jy dit prakties gaan doen.

Nuwe lewe
Skryf nou neer wattter nuwe dinge jy graag in jou lewe wil implimenteer en hoe jy dit wil doen.

Aankondigings en kontakbesonderhede

Paasnaweek
Die aanlyn-diens vir Paasnaweek sal hier beskikbaar wees teen Donderdag-aand. Maak gerus gereed om as gesin nagmaal te gebruik.

Voedselvoorsiening gedurende isolasie
Die voedselbediening gaan steeds voort met hulle werksaamhede binne die veresites van die wetgewing. Die gemeente help ook met die voorsiening van voedsel aand ie adresloses. 'n Hele klompie van die ander gemeentes ind ie dorp het ook ingekoop saam met ons en daarvoor is ons die Here baie dankbaar.

Kontakbesonderhede
Om in te skakel by die Watsapp broadcast groep, stoor 060 970 8277 in jou foon en stuur 'n boodskap na daardie nommer met jou naam en van en die woord "nuus". Enige ander navrae kan ook aan hierdie nommer gerig word.

Die Pastorale noodnommer is 072 387 5147 indien iemand telefoniese berading benodig.

Hou gereeld die webblad dop: www.midsuid.co.za

"Like" ons Facebook blad

Subscribe op die Youtube kanaal en klik op die klokkie om kennisgewings te ontvang.

Dankoffers

Indien jy graag jou dankoffer wil gee, kan jy gebruik maak van die bankbesonderhede:

NG Middelburg-Suid
ABSA Middelburg
Rek. nr. 1040580146

Maak gerus ook van die ZAPPER App gebruik

hey

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy