YouVersion Logo
Search Icon

Doxa Deo Faerie Glen

Sondag oggend 7 Junie: Volharding in beproewinge

Sondag oggend 7 Junie: Volharding in beproewinge

Etienne Trollope

Locations & Times

Doxa Deo Faerie Glen

c/o Atterbury & Olympus Drive, Plot 7, Faerie Glen, Pretoria, 0081, South Africa

Sunday 8:00 AM

YouTube kanaal

Hierdie diens is beskikbaar op ons Doxa Deo Faerie Glen YouTube kanaal.
http://bit.ly/DoxaDeoFGYouTube

YouVersion - James Reading Plan

'n 21 Dae leesplan oor die boek - Jakobus.
https://www.bible.com/reading-plans/12284
Jakobus - Volharding in beproewings

Jakobus 1:1-4 AFR83
Van Jakobus, 'n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is. Groete! My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.

Jakobus 1:1 AFR83
Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is.

Al word ons dalk nie vervolg soos die Joodse Christene van Handelinge 8 nie, leef ons steeds in 'n wêreld vol druk.
· Finansiële druk
· Gesinsdruk
· Werksdruk
· Emosionele druk
· Geestelike aanvalle

1. Beproewing openbaar wat binne jou leef

Jakobus 1:2 AFR83
… wanneer allerlei beproewings oor julle kom...

🔹Die Grieks vir beproewing - Peirasmos
🔹Dit beteken: toets en druk

2. Beproewing het altyd 'n doel

Jakobus 1:3 AFR83
… as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te Volhard…

Beproewing produseer iets:
➡️Dit bou iets
➡️Dit vorm iets

🔹Ons soek gemak -God soek volwassenheid
🔹Ons soek verligting -God soek transformasie

JAKOBUS 1:5-6 NLV
As enigeen van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, wat aan almal gewillig gee sonder om hulle te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid sonder om te twyfel...

3. Volharding is die pad na geestelike volwassenheid

Jakobus sê:
En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.

Romeine 5:3-4 AFR53
En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

JAKOBUS 1:12 NLV
Gelukkig is die mens wat onder beproewing standvastig bly, want wanneer hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat God beloof het aan dié wat Hom liefhet.

4. Vreugde beteken nie jy geniet die pyn nie

Ware vreugde kom wanneer ons weet:
· God is steeds besig
· God het ons nie verlaat nie
· God het steeds 'n plan

HEBREËRS 12:2 NLV
… ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon!

Soms verander God eers die mens voordat Hy die omstandighede verander.

5. Beproewing openbaar hoe ons reageer

JAKOBUS 1:19-20 NLV
Onthou dit, my geliefde broers: Elke mens moet flink wees om te luister, stadig om te praat en stadig om kwaad te word. 'n Mens se woede bring immers nie die lewe voort wat God verlang nie.

JAKOBUS 1:25 NLV
Maar iemand wat diep kyk in die volmaakte wet wat 'n mens vrymaak en daarby bly, en nie 'n vergeetagtige luisteraar is nie maar 'n daadwerklike doener, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.

MATTEUS 22:37-40 AFR83
Jesus antwoord hom: ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.



Gebedsversoek

Indien jy 'n gebedsversoek het, stuur gerus vir ons 'n epos na fg@doxadeo.org. Ons gebedspan sal graag saam met jou wil bid.

Tiendes en Offerandes

Jy kan jou tiende en offerande elektronies oorbetaal deur op hierdie skakel te klik.
https://www.doxadeo.org/faerieglen/gee/