Bible App logo
Search Icon

Lewende Woord Hoofgemeente

Nevil Norden - Bosberaad met 'n Verbonds God (2023/09/03 9:00 Diens)

Nevil Norden - Bosberaad met 'n Verbonds God (2023/09/03 9:00 Diens)

Sondag 3 September 2023 09h00 - Nevil Norden

Locations & Times

Lewende Woord / Living Word - Main

72 Brummeria Rd, Brummeria, Pretoria, 0184, South Africa

Sunday 9:00 AM

Welkom by Lewende Woord Hoofgemeente

Vir enige inligting, laai gerus die Church Center app af of besoek:
https://lewendewoord.churchcenter.com
Opening Skrif:
Inleiding
My uitnodiging - Kom sit saam met my in 'n bosberaad, met Moses by die brandende bos en met Hagar by die fontein, in die woestyn.
1. 'n Verbond wat God maak is baie kragtig! God die "sterke-sterkste sterk God" (El-Elyon), maak 'n verbond met die mens, die swakke.
NB: God is 'n verterende vuur (dit brand al die dros weg as ons Hom toelaat).
NB: Vers 6: Ek "is" die God van Abraham, Isak en Jakob! - nie, Ek "was" nie! "Ek is".
2. Moses groei op in Farao se paleis, nou leer hy lesse in die woestyn wat hy nie in die paleis geleer het nie.
NB: In die woestyne van die lewe leer jy lesse wat jy nêrens anders sal kan leer nie.
- 40 Jaar was nodig om die vlees, en die hoop van die vlees weg te neem.
- Ja, ons kan baie in die vlees vermag en dit is nie noodwendig verkeerd nie! Maar, geestelike dinge word nie in die vlees vermag nie.
(Jehovah Sabaoth) Die Here wat vir ons veg. Ware oorwinnings in hierdie lewe is Heilige Gees gedrewe oorwinnings.
- Moses was die aangenome kind van Farao se dogter, en die moontlike nuwe koning van Egipte.
NB: Nou was hy niemand nie, net 'n gewone skaap- en bok herder. Geen posisie, geen invloed, geen outoriteit nie.
- Van 'n iemand na 'n niemand .
... elke dag jou kruis opneem om vir self te sterf.
- In Tipologie is hierdie 'n wonderlike beeld van die Gees van God in 'n mens (dit vernietig ons nie).
- Die mens sonder die Gees van God is in 'n sin maar net 'n bos.
- God se Gees wil in Sy volheid in my brand sonder om my te verbrand.
NB: Ons noem dit Genade.
3. Vers 6 - "Ek is die God van jou vader, van Abraham, Isak en Jakob - 'n geslagtelike verbonds-God om die mens by te staan en te verlos.
God sê: "Ek is die God van jou vader... al jou voorvaders - gelowige voorvaders.
Vers 7 - "... Ek het duidelik gesien die ellende van My volk ... Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte".
NB: God is 'n God wat sien, en Hy sien jou nood - veral as vrou.
- Sara wou hê haar man moes 'n kind in Hagar, haar slavin verwek - dit gebeur en Sara begin om Hagar sleg te behandel. Hagar vlug na die woestyn toe.
NB: Die engel van die Here (Jesus) ontmoet haar daar.
Hagar het die Naam van die Here wat daar met haar gepraat het aangeroep en gesê: "U is die God wat my sien (El-Roi) hier het ek Hom gesien wat my gesien het (El-Roi)" - Die Almagtige God wat sien.
4. Sy was 'n slaaf met geen regte nie, en sy vlug.
- Sy vind haarself egter alleen, weerloos, geen woonplek, geen bystand, niks nie.
- In 'n sin is sy misbruik deur Sara! Vraag: Is jy al deur ander misbruik tot hulle voordeel of vir hulle eie gewin? Vryspraak is al geestelike pad wat jy kan volg, volg dit!
- In die woestyn was daar niemand wat omgegee het, maar die God wat sien gee om.
- Wanneer sy God "Adonai" noem sê sy: "U is my Meester en ek is U dienskneg".
NB: In Johannes 15:15 noem die Here ons "Sy vriende".
Jesus is die Ruiter op die wit perd. Die koning van Konings en die Here van Here.
- Jehovah Adonai. Die Verbonds-God, ons meester en ons Eienaar. Die selfonderhoudende ewigdurende God.
- Uit die doringbos in die woestyn praat "El-Roi", die God wat sien.
NB: Ons God sien! Hy sien 'n vrou in nood en ellende, en Hy sien; en Hy sien 'n volk in nood en ellende, en Hy gee om.
5. Nou stuur Hy Moses na Farao toe om sy volk te verlos! Moses vra: "Wie moet ek sê, stuur my?
En God sê vir Moses: "Ek is wat Ek is".
NB: Ek is en Ek sal altyd wees. Ek kan nie ophou om te wees nie. "Ek is!". Hy is absolute outoriteit en realtiteit. Hy kan nie verbeter of verminder nie. Hy is ook nie besig om te word nie. Hy is wat Hy is en wat Hy is was Hy en sal Hy ook in die toekoms wees! Onveranderlik. Wat jy ookal nodig het, is Hy!
6. My Boodskap-titel: Bosberaad met 'n Verbonds-God, of Woestynberaad met Hagar en Moses.
God het 51 Verbondsname, en 32 gekoppel aan EL - Sy Almag.
- In my verstaan en begrip van die Woord openbaar die Here Homself deur Sy verskillende name.
Op daardie stadium het God Homself nog nie as 'n verbonds-God geopenbaar nie, dit sou nog gebeur in die toekoms.
God het Homself aan Abraham, Isak en Jakob as "El-Shaddai" - Die Almagtige God geopenbaar wat ons van onsself red. Ons is nie sterk genoeg om onsself te red nie.



Hier is die eerste plek in die Bybel waar God Homself as 'n Verbonds-God openbaar. God voorsien 'n ram as 'n brandoffer en ons vind die naam Johovah Jiri - Die God wat voorsien vir verlossing.
NB: Abraham gee Sy seun! God gee Sy seun!
7. David het iets van God se geregtigheid verstaan.
God van my geregtigheid - Elohé Tsadeki. David, 'n man na God se hart.
NB: Eiegeregtigheid is soos vuil lappe voor die Here.
In die Nuwe Testament kom Jesus as die vervulling en openbarign van al God se verbonde.
... In Jesus is hulle "Ja" en "Amen" tot heerlikheid van God deur ons.
- God sê "Ja" in "Jesus" - Ons sê "Amen", ons stem saam! Amen!.
- In die Ou Testament noem David God Elohé Tsadeki - Die God van Sy geregtigheid. Dan in die Nuwe Testament word ons deur geloof, God se geregtigheid in Jesus Johovah Tsidkenu. Dit word in Jeremia 23:6 bevestig.
God openbaar aan ons Sy natuur en Sy karakter deur al Sy name.
God se twee primêre name in Hebrews is:

1. Elohim - "Die kragtige skepper" wat as "God" vertaal word.
2. Johovah YHWH wat as "Here" vertaal word.
Elohim is die naam deur wie almal God geken het of van Hom geweet het.
- Johovah is egter Sy Verbonds-naam waardeur Hy Homself meer intiem aan Sy Verbonds-mense geopenbaar het.
Glo soos Abraham en jy word 'n vriend van God genoem. Vriende mag vra en mag van God die Vader ontvang wat hulle vra.
NB: My fokus vir hierdie boodskap is die volgende:
1. God die Vader (die sterke - sien jou die swakke), en Hy sê: Hy is wie Hy is - Hy sien jou in die woestyn van jou lewe.
NB: Hy sien jou as "vrou" en as jy alleen is "as vrou alleen".
2. Hy sien jou ook as "man" - al is jy hoe gering soos Moses - net 'n skaapherder, het Hy 'n plan met jou lewe.
3. Hy sien die slawerny van die "volk" raak. Hy wil Sy verbonds-volk verlos van slawerny (wat dit ookal mag wees).
GLO DIT en BELY DIT.
Jesus liefde, Nevil.
Offergawe Skrif:
hey

Tiendes en Offergawes

Maniere om te gee:
https://lewendewoord.churchcenter.com/pages/bank-detail

Aanlyn Dienste

Kyk ons dienste aanlyn:
https://lewendewoord.churchcenter.com/channels

Facebook

Volg ons op Facebook:
https://www.facebook.com/lewendewoord/

Instagram

Volg ons op Instagram:
https://www.instagram.com/lewendewoord_main/
hey

Gebedsversoeke en Getuienisse

Ons wil graag saam met jou bid en saam met jou die Here vereer:
https://lewendewoord.churchcenter.com/people/forms/226819