The Bible App is completely free, with no advertising and no in-app purchases. Get the app
Lewende Woord Hoofgemeente

Nevil Norden - As dinge nie sin maak nie(2022/09/11 9:00 Diens)
Sondag 11 September 2022 09h00 - Nevil Norden
Locations & Times
Lewende Woord / Living Word - Main
72 Brummeria Rd, Brummeria, Pretoria, 0184, South Africa
Sunday 9:00 AM
Welkom by Lewende Woord Hoofgemeente
Vir enige inligting, laai gerus die Church Center app af of besoek:
https://lewendewoord.churchcenter.comPreek notas
'n Uitdagende gedagte en vraag? As dit nie vir die Here was nie. Om die Here te loof en te prys is altyd effektief want dit breek die gees van swaarmoedigheid.
Swaarmoedigheid gaan saam met moedeloosheid - jy verloor moed, dan spoed, dan jou vuur. Jy verflou en word louwarm.
Jes. 61:3 bied 'n oplossing - trek 'n kleed van lof aan. Daar is 'n groter kragvrystelling as jy die Here loof en prys wanneer dit nie sin maak nie.
Hoekom? In Christus triomfeer jy altyd; jy is meer as 'n oorwinnaar; jy is 'n erfgenaam en alles werk ten goede mee.
In Christus is jy 'n planting van die Here; 'n eikeboom van geregtigheid tot Sy verheerliking. Dit is hoe God die Vader wil hê mense na jou moet kyk.
Dit is die genade van die Here, Sy opstandingslewe, Sy oorwinningslewe in my ingeplant en Hy maak my 'n eikeboom van geregtigheid, 'n planting van die Here tot Sy verheerliking.
Ek het opgehou om op my eie geregtigheid staat te maak.
Die waarde van iets word bepaal deur die prys wat iemand bereid is om daarvoor te betaal.

Elke druppel bloed het 'n stem gehad. "Gekoop en ten volle voor betaal."
Jy is waardevol vir die Here - jy maak vir Hom saak.
Ons leer iets by Habakuk.

Vraag: Was jy al ooit by so 'n plek soos wat Habakuk was? Hou maar net aan leef - die lewe het uitdagings.
Ja! Die lewe het ingeboude probleme maar ek noem dit eerder uitdagings bv. hartgebroke situasies, ens. - dit is die lewe.
Ons kyk na sekere manne:
- Dawid, 'n man na die hart van God het baie pyn en hartseer beleef - sekere daarvan was sy eie skuld.
- Job verloor alles en niks maak sin nie, nogtans keer dit hom nie om in aanbidding neer te val nie.
Die punt is dit: Soms maak die lewe seer en soms is jy in die put, die vuur, op 'n berg reg om die vuur neer te roep of in 'n grot waar jy wegkruip vir Ezebel.
Soms is die aanvalle demonies - ongelukke, siektes, covid, krankhede, ongesteldhede. My punt is die volgende: Soms is daar tye in ons lewens waar dankbaarheid vir wat ons het en waar lof en aanbidding geensins sin maak nie. Jy het lus om op 'n hopie te gaan sit en om jou lot te bekla. Was jy al daar? En as ek praat van nie sin maak nie, dan bedoel ek jy verstaan dit glad nie, dit is nie logies of redelik nie.
Dan doen Habakuk iets wat nie sin maak nie. In die leegheid van alles, wat verwarrend en teleurstellend is bring hy skokgolwe - hy loof en prys die Here.
Wat sal jy doen? Gaan emosies oorneem? Koskas en yskas toe hardloop? Drankbottel toe? Wegbly van die Woord en die kerk? Gaan jy 'n roukleed of 'n lofkleed aantrek? Om vreugdevol te wees as dit goed gaan is maklik. Lofprysing en dankbaarheid help jou om aan jou gesonde verstand vas te hou.
Die verhaal van Dawid by Siklag:
- Al hulle vrouens en kinders is as gevangenes weggevoer en Siklag is tot op die grond afgebrand.
- Hulle huil tot hulle nie meer kan nie toe wou hulle Dawid stenig.

In Dawid sien ons 'n ander gesindheid - 'n geloofsgesindheid. Sy toevlug is in die Here. Jy neem jou toevlug in die Here deur lof en dankbaarheid.
Paulus en Silas is in die tronk in Filippi vas gemaak in blokke. Hulle loof en prys die Here tussen hulle gebede deur en dit bring die hemel in beroering en die Here skud die tronkdeure oop.
Koning Dawid dans homself uit Sy koninklike kleed uit en Migal sy vrou verag hom. Hy sê jammer ek het jou teleurgestel maar ek het vir die Here gedans en nie vir jou nie.
Dink aan Jona. Hy hardloop vir die Here weg want God wil genade aan Ninivé betoon en Jona soek God se oordeel oor hulle. In die ingewande van die groot vis begin Jona aan die Here 'n offer van lof bring en die vis spoeg Jona uit op droeë grond.

Wanneer niks sin maak nie, begin om die Here te loof en te prys en jy bring die hemel tot jou voordeel in beroering.

Gebedsversoeke en Getuienisse
Ons wil graag saam met jou bid en saam met jou die Here vereer:
https://lewendewoord.churchcenter.com/people/forms/226819