YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 7 Maart 2021

Kruik Oggenddiens 7 Maart 2021

Kruik Oggenddiens 7 Maart 2021

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 9:00 AM

Wat maak jou gelukkig? Deel 6

Ons is in die laaste deel van ons reeks en ons kyk terug na dit wat ons geleer het en hopelik besef het sodat ons dit deel kan maak van ons elke dag lewens.

Reg deur die reeks in al die temas het dit deur geskemer dat vrede 'n groot rol speel in 'n gelukkige lewe.

Al in die eerste week het ons gesê dat vrede met God, vrede met ander en vrede met onsself nogals 'n groot rol speel in die geluk van ons elke dag lewe!

Vanoggend - En hier is die groot ding van vrede... dit begin by God.

Vrede met God bewerk vrede met ander... as ek besef en beleef dat die Here my vergewe sonder dat ek dit verdien, doen ek dit met ander... en... doen ek dit met myself. As ek besef dat die Here my verlede agter sit word dit vir ook moontlik om my verlede agter te sit.

Pampoentjes steek pampoentjies aan... so... as ek my vertroue en geloof in Jesus sit en vrede daardeur bewerk word... steek dit alles in my lewe aan.

Maar om vrede met God te hê moet ek iewers God toelaat om in my lewe te heers... om deel te wees van die koninkryk van God moet ek iewers die koninkryk van MY oorgee...

Om Vrede te hê... moet ek oorgee...

Om een koninkryk te los en in 'n ander koninkryk in te stap.

Vrede begin deur God te vertrou met my lewe...

Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.

Romeine 5:1 (Boodskap) Omdat ons glo, is daar nou vrede tussen God en ons.

Romeine 5:1-2 (Message) By entering through faith into what God has always wanted to do for us—set us right with him, make us fit for him—we have it all together with God because of our Master Jesus. And that’s not all: We throw open our doors to God and discover at the same moment that he has already thrown open his door to us. We find ourselves standing where we always hoped we might stand—out in the wide open spaces of God’s grace and glory, standing tall and shouting our praise.

Die geheim is uit! God het nog altyd vir my 'n gelukkige en vredevolle lewe in gedagte gehad... En saam Hom is die sleutel tot hierdie lewe!

Ek het gekom sodat jy lewe kan hê en dit oorvloed... en dan... kom!

En wanneer ek hierdie ontdek van my en God, ontdek ek dit vir my en ander en van myself... ek ontdek hoekom ek hier is.

En hierdie lewe het niks te doen met jou wat beter word nie, of jouself beter kry nie... dit het alles te doen met Jesus wat jou nooi om saam Hom te gaan sodat jy 'n beter lewe kan hê en ook beter met die lewe kan wees.

Efesiërs 2:8-10 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

Goeie dade red jou nie, maar in Christus ontdek jy die goeie en leef dit uit na ander en na jouself!

Hier is die geheim vir 'n gelukkige lewe! Jesus! In Christus ontdek ek die lewe en die vrede wat daarmee saam gaan.

Vrede met God begin met vertroue in God.

Vrede met Hom... maar ook met ander... en ook met myself.

Want as jy vrede met God vind kan dit nie daar bly nie.

Johannes sê iets hiervan...

1 Johannes 4:20-21 As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie? En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.

Ander gedeelte sê Jesus... As jy offer vir God bring en jy besef jy het teen iemand, los jou offer daar... en gaan maak reg. Want dis nie "either - Or" nie. Dis beide. Gelyk aan mekaar.

Jy kan nie reg wees met God en nie reg wees met mense nie.

Party verhoudings is "toxic" en vernietigend en versteur die vrede... daar is meriete in elke verhouding en miskien is dit die beste om weg te stap van daai verhouding... maar dit is nie die norm nie.

Bottom line - Jy kan nie haat hê en gelukkig wees nie. Jy kan nie kwaad stook en gelukkig wees nie, jy kan nie seer maak en gelukkig wees nie.
Vrede - Jy soek vrede vir 'n gelukkige lewe.

So dis jou geloof en vertroue in God wat vrede bring in jou verhoudinge... met Hom, met ander en jouself.

Vraag - Het jy vrede gemaak met God? Of het jy vrede met God?

Dalk beter vraag - Wat staan in die pad van vrede tussen jou en God en ultimately tussen jou en al jou verhoudinge? Wat staan in die pad?

Ons is klaar met die reeks - volgende week net "Celebration" - maar dis dalk die begin van jou stap, jou geloof, jou vertroue en vrede met God...

Wat moet jy doen om hierdie stap te maak? Vrede met God te hê.

Jesus sê volg my... sê ja.

Miskien is jy die seun of dogter wat moet teruggaan huistoe en vrede maak... sê ja.





Besprekingsvrae:
1. Het jy vrede gemaak met God? Of het jy vrede met God?
2. Dalk beter vraag - Wat staan in die pad van vrede tussen jou en God en ultimately tussen jou en al jou verhoudinge? Wat staan in die pad?
3. Wat moet jy doen om hierdie stap te maak? Vrede met God te hê.

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy