Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 21 Februarie 2021
Kruik Oggenddiens 21 Februarie 2021
Locations & Times
Kruik Gemeente
Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
Sunday 9:00 AM
Wat maak jou gelukkig? Deel 4
Is dit dat mense hulle eie geluk ondermyn? Partykeer sien ons dit in berading - mense wat sielsongelukkig is en dan dink jy; maar hoekom doen jy dit aan jouself?
Kan dit wees dat mense soms hulleself ongelukkig maak en wil sien? Is dit moontlik?
Dink daar is genoeg pyn en verdriet in hierdie lewe, ons het nie nodig om nog van ons eie oor ons te bring nie. Jesus sê dit né...
Maar hoekom doen mense dit - bring ongelukkigheid oor hulleself?
Wel ek dink dat seker een van die groot redes is: hulle verwar plesier met geluk. Hulle verwar daai plesiertjie met 'n gelukkige lewe.
(Alles in jou lewe wat jy weet 'n probleem is, word gewoonlik verklein... plesiertjie, doppie, sigaretjie... probleempie...
Jesus sê maar as jy nie kan onderskei tussen hierdie twee nie, gaan dit by jou steel!
Johannes 10:10 Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig.
Dink vir 'n oomblik aan jou lewe? Wat is dit wat by jou steel?
Dalk steel in verhouding... of jou toekoms.
Wat is dit in jou lewe wat vernietig?
Wat is dit wat jou doodmaak... siel, gees of liggaam? Miskien is dit juis daai klein plesiertjie...
Die hartseer is dat dit baie keer die persoon in die spieël is. Jy steel soms van jou eie geluk, jy vernietig soms jou toekoms en verhoudinge deur besluite wat jy maak en jy maak jouself dood binne kant.
Wel, net soms...
Jy kan soms, jou grootste vyand wees - 'n dief wees van jou eie geluk.
Jy het die grootste potensiaal om jou grootste vyand te wees. Hoekom?
-Want jy het dit gekoop.
-Jy dit gedrink.
-Jy het dit gerook.
-Jy het die transaksie gedoen.
-Jy het vir die skuld geteken.
-Jy het dit geeet
-Jy het dit ge-"date"
-Jy het saam dit geslaap
Jy was groot rolspeler as jy terug dink aan al daai dinge, reg?
Johannes 10:10 Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.
Ek wil nie net hê jy moet 'n gelukkige lewe hê nie, ek wil hê die geluk moet oorloop! In oorvloed! Ek wil hê jy moet lewe!!
En dan sê hy iets groot...
Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder offer sy lewe op vir die skape.
Johannes 10:11
Teenoorgestelde van: Ek het gekom om terug te gee, lewe te gee, op te bou, gesond te maak en te herstel.
Iemand wat bereid is om hulle lewe vir jou te gee, is vir jou!
Bv My kinders
Ek is die goeie herder en as jy 'n gelukkige lewe in oorvloed wil hê... volg My... Ek is vir jou!
So jy is partykeer jou eie grootste vyand, maar die realitieit is, jy is nie jou enigste vyand nie.
Een van die heel grootste vyande in jou lewe - Sonde
En in een van die eerste weke het ons gesê, dat Sonde grootste wapen is; dit bring skeiding of afstand. Tussen jou en God, tussen jou en ander mense en tussen jou en jouself.
Sonde kom om te steel en te verwoes en dood te maak.
En hierdie is nie vir jou nuut nie, jy weet dit.
En een van die grootste redes vir sonde... die verwarring tussen plesier en geluk!
En dadelik sê jy dalk... plesier is taboe!
Nee ek dink die Here het jou die kapasiteit gegee om beide te kan hê!
Dink aan seksueel... Here het beide aspekte gemaak vir dit. (Einde van die skepping sê Hy... ek het 'n wonderlike idee.
Jesus maak wyn...
God is nie teen plesier nie, maar dit gaan oor prioriteit. Wanneer jy plesier prioritiseer bo-oor geluk, verloor jy altwee.
Plesier is wonderlik maar jy kan nie daar bly nie! As dit net oor plesier gaan, bring dit sonde voort en by sonde die dood.
Plesier is wonderlik maar dit kan nie prioriteit geniet oor jou goeie gesonde geluk nie.
Paulus sê iets hiervan...
Romeine 6:16 Besef julle nie dat dít waarvoor ’n mens jou as slaaf beskikbaar stel, jou baas word nie?
Wyn drink - Plesier = As jy daar bly en jy misbruik die plesier gaan die plesiertjie jou misbruik. Jy word 'n slaaf daarvan... jy kan nie meer sonder dit klaar kom nie en dit steel van jou. Dit steel van jou om gelukkig te wees.
Jy gee beheer oor... dan kies jy nie meer nie en jy steel van jouself.
Romeine 6:16 Jy kan die sonde kies en daarmee saam die dood, of jy kan kies om God te gehoorsaam en volgens sy wil te lewe.
Of jy gee jou lewe oor aan God sodat Hy jou kan lei soos goeie Herder vanuit iets ander se beheer na die lewe, die gelukkige lewe wat Hy vir jou in gedagte het!
Jy kies geluk deur beheer oor te gee vir God.
En wanneer jy dit kies, kies jy vir alles in jou lewe.
Wanneer jy vrede met God het, het jy vrede met ander en met jou self.
Wanneer jy kies om Jesus te volg en aan Hom oor te gee, kies jy vir alles in jou lewe.
Plesier is baie keer quick fix.... Ek wil jou vat na ultimate geluk...
Plesier nie verkeerd nie, jy kan net nie daar bly nie.
Following Jesus will make your life better and will make you better at life. (Andy Stanley)
Maar dit is nie 'n quick fix nie... dis 'n aaneenlopende volg...
1 Petrus 1:18 (Message) Your life is a journey you must travel with a deep consciousness of God.
1 Petrus 1:18 (Message) It cost God plenty to get you out of that dead-end, empty-headed life you grew up in. He paid with Christ’s sacred blood, you know. He died like an unblemished, sacrificial lamb. And this was no afterthought. Even though it has only lately—at the end of the ages—become public knowledge, God always knew he was going to do this for you. It’s because of this sacrificed Messiah, whom God then raised from the dead and glorified, that you trust God, that you know you have a future in God.
Vraag - Is daar 'n plesier.... plesiertjie wat jou gelukkige lewe ondermyn? Wat afstand bring tussen jou en 'n goeie gesonde gelukkige lewe?
Is daar 'n plesiertjie wat jy al so baie keer ja voor gesê het en in die proses by jou steel, dit verwoes en dit is besig om dood te maak.
Miskien 'n plesiertjie wat nou begin om by jou te steel...
Is daar 'n plesiertjie wat stadig maar seker jou 'n gevangene maak...
Hier is die realiteit; Eendag gaan jy jou self vind, sielsongelukkig en jy gaan wens jy het nooit ja gesê vir dit nie.
Jy het iemand nodig om jou te lei vanuit steel, verwoesting en dood na die lewe, oorvloed en geluk vir dit wat vir jou bestem is.
Sy naam is Jesus - Ek is die goeie Herder!

Besprekingsvrae:
1. Wat is wat jy al so baie ja gesê wat jy weet jou lewe vernietig en seer maak?
2. Hoe kan om Jesus te volg jou lewe beter maak?
3. Is dit dalk 'n oorgee... ??