YouVersion Logo
Search Icon

Titus 3:8-11

Titus 3:8-11 DB

Wat ek nou vir jou gesê het, is die waarheid. Ek wil hê jy moet dit met groot oortuiging vir die gelowiges gaan oorvertel. Hulle moet mooi begryp wat God alles vir ons gedoen het. Dit sal hulle aanspoor om reg te leef. As hulle hierdie goeie nuus verstaan, sal hulle goeie dinge vir ander mense doen. Hulle sal ander begin dien en op die hande dra. Titus, nog ’n stukkie persoonlike raad aan jou: moenie in argumente betrokke raak met ander mense wat probeer om ons geloof belaglik te maak nie. Vermy ook ’n stryery met diegene wat sê dat net ware Israeliete deur God gered sal word as hulle oor die nodige geslagsregisters beskik om dit te bewys. Moet ook nie jou tyd mors om met ander te stry oor hoe ons die wet van Moses moet probeer hou nie. Al hierdie gesprekke en argumente help net mooi niks nie. Dis ’n mors van kosbare tyd. Loop lig vir daardie mense wat moeilikheid maak. Sê vir hulle om op te hou daarmee. As dit nie help nie, gaan probeer ’n tweede keer. Maar daarna moet jy hulle uitlos. Dan weet jy dat hulle hulle nie aan God steur nie. Hulle eie sondes sal op die ou end teen hulle tel.

Related Videos