YouVersion Logo
Search Icon

TITUS 3:4-7

TITUS 3:4-7 NLV

Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van wat ons gedoen het vir ons vryspraak nie, maar slegs op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy vermag deur die reiniging van die weergeboorte en deur die Heilige Gees wat ons vernuwe. Hy het die Gees ryklik op ons uitgestort op grond van wat Jesus Christus ons Verlosser gedoen het. Só is ons vrygespreek deur sy genade, en het ons erfgename geword van die ewige lewe waarop ons hoop.