1
Genesis 9:12-13
Bybel vir almal
God het ook gesê: “Ek gee vir julle 'n teken om te wys dat Ek 'n verbond met julle gemaak het. Ek het dit belowe, en dit sal altyd waar wees. Ek maak my reënboog in die wolke. Die reënboog sal 'n teken wees om te wys dat Ek 'n verbond met julle gemaak het.
Sammenlign
Udforsk Genesis 9:12-13
2
Genesis 9:16
Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, dan sal Ek daaraan dink dat Ek 'n verbond gemaak het met almal op die aarde, 'n verbond wat vir altyd sal wees.”
Udforsk Genesis 9:16
3
Genesis 9:6
God het mense gemaak om in sy plek te regeer en hoof te wees oor die aarde. Daarom mag niemand 'n ander mens doodmaak nie. As iemand 'n ander mens doodmaak, dan moet die mense hom ook doodmaak.
Udforsk Genesis 9:6
4
Genesis 9:1
God het vir Noag en sy seuns geseën. Hy het vir hulle gesê: “Julle moet baie kinders kry en meer word. Julle moet die aarde vol mense maak.
Udforsk Genesis 9:1
5
Genesis 9:3
Voorheen was die plante julle kos. Nou gee Ek ook vir julle die vleis van die diere om te eet.
Udforsk Genesis 9:3
6
Genesis 9:2
Al die diere sal bang wees vir die mense, die wilde diere, die voëls, die diere wat kruip en die visse. Julle mag hulle gebruik.
Udforsk Genesis 9:2
7
Genesis 9:7
“Noag, julle moet baie kinders kry en meer word, julle moet die wêreld vol mense maak.”
Udforsk Genesis 9:7
Hjem
Bibel
Læseplaner
Videoer