1
Genesis 32:28
Bybel vir almal
Die man sê toe: “Jou naam sal nie meer Jakob wees nie, dit sal nou Israel wees. Die naam Israel beteken ‘Jy het met God en met mense gestoei en jy het gewen.’ ”
Sammenlign
Udforsk Genesis 32:28
2
Genesis 32:26
Die man sê toe vir Jakob: “Los my, want dit is amper dag.” Maar Jakob antwoord hom: “Jy moet my eers seën, dan sal ek jou los.”
Udforsk Genesis 32:26
3
Genesis 32:24
Jakob het alleen agtergebly. 'n Man het gekom en met hom gestoei totdat dit die volgende dag lig begin word het.
Udforsk Genesis 32:24
4
Genesis 32:30
Jakob het die plek Pniël genoem. Hy het gesê: “Ek het God gesien. Hy was so naby my dat ek sy gesig kon sien, en ek het nie gesterf nie.”
Udforsk Genesis 32:30
5
Genesis 32:25
Toe die man sien dat hy nie vir Jakob kan wen nie, het hy vir Jakob op sy heup geslaan. Jakob se heup het seergekry, en hy het moeilik geloop.
Udforsk Genesis 32:25
6
Genesis 32:27
Die man het vir Jakob gevra: “Wat is jou naam?” En hy antwoord: “Jakob.”
Udforsk Genesis 32:27
7
Genesis 32:29
Jakob vra toe: “Sê asseblief vir my, wat is jou naam.” En die man vra: “Hoekom vra jy wat my naam is?” Die man het vir Jakob daar geseën.
Udforsk Genesis 32:29
8
Genesis 32:10
Ek is nie 'n belangrike man nie, maar U was baie goed vir my en U het alles gedoen wat U vir my belowe het. Ek het net my kierie gehad toe ek voorheen deur hierdie Jordaan-rivier gegaan het. Nou behoort hierdie twee groot groepe mense en diere aan my.
Udforsk Genesis 32:10
9
Genesis 32:32
Dit is hoekom die Israeliete nie die senuwees in die heupbeen van 'n dier eet nie, want die man het vir Jakob op sy heup geslaan, op die heupsenuwee.
Udforsk Genesis 32:32
10
Genesis 32:9
Jakob het toe gebid en gesê: “God van my oupa Abraham, God van my pa Isak, Here, U het vir my gesê dat ek moet teruggaan na my land en na my familie toe, dan sal U goed wees vir my.
Udforsk Genesis 32:9
11
Genesis 32:11
Here, beskerm my asseblief teen my broer Esau, want ek is bang vir hom. Ek is bang dat hy my en die vroue en kinders sal aanval.
Udforsk Genesis 32:11
Hjem
Bibel
Læseplaner
Videoer