JOSUA 8:24-27
JOSUA 8:24-27 AFR83
Israel het al die inwoners van Ai doodgemaak wat vir Josua-hulle in die veld en die woestyn agternagesit het. Die agtervolgers het almal gesneuwel, tot die laaste man toe. Daarna is die hele Israel terug na Ai toe en het hulle al die mense in die stad doodgemaak. Almal wat daardie dag gesneuwel het, mans en vrouens, was twaalf duisend, al die mense van Ai. Josua het nie sy hand met die swaard teruggetrek voordat al die inwoners van Ai uitgeroei was nie. Israel het net die vee en die buit in die stad vir hulleself gevat, soos die Here vir Josua beveel het.