Dryf hulle uitmekaar, Here, maak hulle taal onverstaanbaar vir mekaar. Ek sien geweld en oproer in die stad; dag en nag maal hulle rond op sy mure; daarbinne is onreg en onheil. Daar heers wanorde in die stad, op sy pleine is daar net verdrukking en bedrog. As dit nog my vyand was wat my smaad aangedoen het, sou ek dit kon verdra; as dit 'n teëstander was wat my wou verneder, sou ek hom kon probeer vermy. Maar nou is dit jy, 'n man soos ek, my maat en my goeie vriend. Ons was so nou aan mekaar verbonde; opgewonde het ons saam na die huis van God toe gegaan.
Share
Read PSALMS 55
Save verses, read offline, watch teaching clips, and more!
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos