Bible App logo
Search Icon

MARKUS 12:32-34

MARKUS 12:32-34 AFR83

“Pragtig, Meneer!” sê die skrifgeleerde vir Hom. “Dit is waar wat u gesê het: ‘Die Here is die enigste God,’ en ‘daar is geen ander God as Hy nie. ’ En ‘om Hom lief te hê met jou hele hart en met jou hele denke en met al jou krag’ en ‘om jou naaste lief te hê soos jouself’ is van meer belang as al die brandoffers en ander diereoffers.” Toe Jesus hom so verstandig hoor praat, sê Hy vir hom: “Jy is nie ver van die koninkryk van God af nie.” Niemand het dit toe meer gewaag om Hom 'n vraag te stel nie.

Free Reading Plans and Devotionals related to MARKUS 12:32-34