YouVersion Logo
Search Icon

DEUTERONOMIUM 27:3-8

DEUTERONOMIUM 27:3-8 AFR83

Wanneer jy deurtrek om die land in te gaan, die land wat die Here jou God aan jou sal gee, die land wat oorloop van melk en heuning, soos die Here jou God aan jou voorvaders beloof het, moet jy al die woorde van hierdie wet op die klippe skryf. Nadat jy deur die Jordaan getrek het, moet jy die klippe waaroor ek nou net opdragte gegee het, op Ebalberg opstapel en moet jy hulle met kalk afwit. Daar moet jy 'n klipaltaar bou vir die Here jou God. Jy mag die klip nie kap nie. Jy moet die altaar vir die Here jou God bou van onbewerkte klip en daarop moet jy jou brandoffers aan die Here jou God offer. Jy moet jou maaltydoffers offer en dit daar eet en bly wees in die teenwoordigheid van die Here jou God. Jy moet hierdie hele wet duidelik leesbaar skryf op die klippe wat jy opstapel.”

Free Reading Plans and Devotionals related to DEUTERONOMIUM 27:3-8