YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 6

6
1Vir die •musiekleier. Met snarespel. Op “Die agtste”. 'n Psalm. Van Dawid.
2 Here, moet my in u toorn
nie teregwys
en my in u woede nie bestraf nie.
3Wees my genadig, Here,
want ek, ek kwyn weg;
genees my, Here,
want tot in my gebeente
is ek beangs,
4ja, tot in my siel
is ek heeltemal vreesbevange.
Ag, Here, hoe lank nog?
5Keer terug, Here, red my lewe;
verlos my op grond van
u troue liefde!
6Waarlik, in die dood
kan u gevierde Naam
nie aangeroep word nie.
Wie kan U in die •doderyk prys?
7Ek is moeg van my gesug,
elke nag deurdrenk ek my bed,
deurweek ek my slaapbank
met trane.
8My oë is dik geswel van verdriet,
vermoeid van al my teenstanders.
9Gee pad van my af,
julle almal wat onreg pleeg,
want die Here het gehoor
hoe hard ek huil.
10Die Here het my smeking gehoor;
die Here aanvaar my gebed.
11Al my vyande staan beskaamd,
hulle is heeltemal vreesbevange.
Binne 'n oogwink draai hulle
vernederd weg.

Currently Selected:

Psalms 6: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in