Ester 7:1-6
Ester 7:1-6 AFR20
Die koning en Haman het by koningin Ester gaan eet. Terwyl hulle op die tweede dag van die feesmaal wyn gedrink het, het die koning weer vir Ester gevra: “Wat is jou versoek, koningin Ester? Wat jou versoek ook al is, dit sal vir jou gegee word. En wat jou wens ook al is, al is dit die helfte van my koninkryk, dit sal toegestaan word.” Koningin Ester het geantwoord en gesê: “As ek guns vind in u oë, o koning, en as die koning dit goedvind, laat my lewe vir my gegee word, dit is my versoek; en die lewe van my volk, dit is my wens. Want ons is verkoop, ek en my volk, om verdelg te word, om vermoor en uitgewis te word. Was ons net as slawe en slavinne verkoop, dan sou ek nog stilgebly het, want so 'n beproewing sou nie genoeg gewees het om die koning daarmee te belas nie. ” Koning Ahasveros vra toe vir koningin Ester: “Wie is hy? En waar is hierdie man wat hom aanmatig om so iets te doen?” En Ester antwoord: “'n Verdrukker en vyand is hierdie bose Haman.” Haman het ineengekrimp van vrees voor die koning en die koningin.